Remove ads
ekologies en geografies gedefinieerde gebied wat kleiner is as 'n biostreek From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wêreldnatuurlewefonds definieer 'n ekostreek as 'n groot stuk land of water wat 'n versameling spesies, natuurlike gemeenskappe en ekologiese omstandighede bevat wat geografies verskil.[1]
Daar is ook ander navorsers wat probeer het om die natuur van die wêreld in streke in te deel. Daar is byvoorbeeld die fitogeografiese indeling in floraryke. Die WWF se indeling is egter van die mees grondige. Dit is op wetenskaplike basis opgebou en probeer 'n sintese van plante- en diereverspreidings te wees.[2]
Die WWF onderskei tussen:
Die WWF onderskei 867 landekostreke. Die grense is nie altyd duidelik nie, maar hulle word bepaal deur te kyk na:
'n Ekostreek behoort tot een van die 14 WWF-biome en een van die 8 ekosones.
Die ekosones en hul kodes is:
Die WWF-biome en hul kodes is:[3]
Elke ekostreek kry 'n kode soos AT1203 wat wys dat hierdie ekostreek aan die ekosone Afrotropiese gebied (AT) en die bioom Mediterreense woud, bos- en struikveld (12) behoort. Dit is die derde ekostreek van hierdie ekosone/bioom-kombinasie. Hierdie ekostreek word beskryf as die bergfynbos en -renosterveld van die Wes-Kaap.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.