Afrotropiese gebied
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Afrotropiese gebied is een van agt ekosones waarin die aarde se oppervlak verdeel word. Die gebied strek oor Afrika suid van die Sahara en die suide van die Arabiese Skiereiland.
Madagaskar en verskeie naburige eilande word as 'n substreek van die ekosone gesien. Madagaskar beskik oor verskeie endemiese spesies, soos die lemur. Madagaskar en die Seychelle het in die verlede aan die superkontinent Gondwana behoort, en het tientalle miljoene jare gelede vanaf Afrika weggedryf.
Die term Afrotropies word algemeen gebruik om die verspreiding van diere te beskryf. Die gebied word in die ooste, weste en suide deur oseane afgesper. In die noorde vorm die dorre Sahara 'n natuurlike versperring wat veroorsaak dat daar weinig wisselwerking met spesies in die Palearktiese gebied plaasvind.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.