Dr Pepper is 'n tipe gaskoeldrank. Dit is in die 1880's geskep deur Charles Alderton, 'n apteker in Waco, Texas, en die eerste keer in omstreeks 1885 bedien. Dr Pepper is aanvanklik landswyd bemark in die Verenigde State in 1904, maar word tans wêreldwyd verkoop (Europa, Asië, Noord- en Suid-Amerika en Australië. In Nieu-Seeland en Suid Afrika is dit 'n invoerproduk). Variante van die drankie sluit Diet Dr Pepper in. In die 2000's het 'n aantal nuwe bykomende geure hul verskyning gemaak.
Die naam "Dr Pepper" is die eerste keer in 1885 in die handel gebruik. Dit is in 1904 op nasionale vlak in die VSA bekendgestel tydens die Louisiana Purchase Exposition as 'n nuwe soort gaskoeldrank, met 23 verskillende geure. Die bekendstelling daarvan in 1885 het die bekendstelling van Coca-Cola met een jaar voorafgegaan.
Dit is geskep deur Charles Alderton in Morrison's Old Corner Drug Store in Waco, Texas. [1] Ten einde sy nuwe drankie te toets het hy dit eers aan die winkeleienaar, Wade Morrison, aangebied, wat dit ook na wense gevind het. Besoekers aan Morrison se sodafontein het gou van Alderton se nuwe drankie te hore gekom. [2] Alderton het die formule aan Morrison gegee, wat dit Dr. Pepper genoem het (later "Dr Pepper", sonder die punt).
Vroeë advertensies vir hierdie koeldrank het mediese aansprake gemaak en vermeld dat dit die "spysvertering bevorder en lewenskrag en vitaliteit herstel". [3]
Soos met Coca-Cola is die formule vir Dr Pepper 'n handelsgeheim, en na bewering word die resep in twee dele in twee aparte Dallas-banke bewaar.
Slagspreuke
1889–1914: "King of Beverages."
1920s–1940s: "Drink a Bite to Eat at 10, 2, and 4 o'clock."
1939: "When You Drink a Dr. Pepper You Drink a Bite to Eat."
1930's–1940's: "Good For Life."
1945: "Dr. Pepper has 23 flavors"
1950's: "The Friendly Pepper Upper."
1960's: "America's Most Misunderstood Soft Drink."
1970's-77: "The Most Original Soft Drink Ever."[4]
1977–1983: "I'm a Pepper, He's a Pepper, We're a Pepper.", "Be a Pepper.", "Wouldn't you like to Be a Pepper too?"
1983: "Dr Pepper Has Made a Pepper Out of me."
1983: "It Tastes and It Looks." (Suikervrye Dr Pepper)
c. 1984 "Out of the Ordinary. Like You."
c. 1984 "The Taste for Out of the Ordinary Bodies." (Diëet Dr Pepper)
1984–1997: "Hold Out For the Out of the Ordinary."
?1980's–tans "Dr Pepper, what's the worst that could happen?". Dit word gebruik in die Verenigde Koninkryk VK), en sinspeel daarop dat baie verbruikers in die VK nie weet hoe die koeldrank smaak nie en huiwerig is om dit uit te probeer
1991: "Just what the Doctor ordered."
c. 1997: "It's Dr Pepper Flavour, Silly!" Australië
"Keurig Dr Pepper– Our History". Besoek op 6 Desember 2011. It was served at the drug store where Alderton worked and the first Dr Pepper fans asked for a 'Waco.'