Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Don (Russies: Дон) is een van die belangrikste riviere in Rusland. Dit ontspring in die dorp Nowomoskofsk, 60 km suidoos van Toela (suidoos van Moskou), en vloei omtrent 1 950 km ver na die See van Azof.
Donrivier | |
---|---|
Die Don naby die dorp Kalininski in die Rostof-oblast (foto 2002). | |
Die stroomgebied van die Don. | |
Oorsprong | Nowomoskofsk (Rusland) |
Monding | Rusland See van Azof, Swartsee |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 950 km (1 212 myl) |
Oorspronghoogte | 180 m (591 voet) |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 935 m³/s (33 000 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 425 600 km² (164 324 myl²) |
Kaart van die Don-bekken in Europa. |
Van sy bron af vloei die rivier suidoos na Woronezj, dan suidwes na sy mond. Die belangrikste dorp aan die Don is Rostof aan die Don en sy belangrikste sytak die Donets.
Argeologiese ontdekkings by Kostenki dui op beskawings wat 40 000 jaar gelede hier gewoon het. In die antieke tyd is die rivier beskou as die grens tussen Europa en Asië.[1] In die tyd van die antieke Skitië was dit in Grieks bekend as die Tanaïs, en dit was sedertdien ’n belangrike handelsroete.
Die moderne naam kom van die Skitiese (Oos-Irannese) Dānu, "rivier". Die naam van die Don-Kosakke, wat die vrugbare vallei van die rivier in die 16de en 17de eeu beset het, kom van die rivier af.
By sy mees oostelike punt kom die rivier naby aan die Wolga-rivier, en die Wolga-Don-kanaal (lengte sowat 105 km) wat die twee riviere verbind, is ’n belangrike waterweg. Die watervlak van die Don word in hierdie gebied verhoog deur die Tsimljansk-opgaardam.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.