From Wikipedia, the free encyclopedia
Die dikbekraaf (Corvus crassirostris), ’n lid van die familie Corvidae van die Horing van Afrika, is saam met die gewone raaf die grootste voëls in die familie. Hulle is ook die grootstes van die mees uiteenlopende voëlorde van heelwat meer as 5 000 geïdentifiseerde spesies, die sangvoëls. Die dikbekraaf is gemiddeld 64 cm lank en weeg sowat 1,15 kg (wyfies) tot 1,5 kg (mannetjies).[2][3][4][5]
Dikbekraaf | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. crassirostris (Rüppell, 1836) |
Binomiale naam | |
Corvus crassirostris | |
Verspreiding van die dikbekraaf. |
Dit het ’n baie groot, geboë snawel en dit gee die voël ’n kenmerkende voorkoms. Die snawel van 8-9 cm, die grootste van enige sangvoël, is swart met ’n wit punt en diep groewe.[6] Dié raaf het baie kort vere aan die kop, keel en nek. Die keel en bobors het ’n olierige bruin glans, terwyl die res van lyf glansend swart is, buiten die kenmerkende wit kol aan die agternek.
Sy hougebied is in Eritrea, Somalië en Ethiopië; sy habitat sluit in berge en hoë plato's van tussen 1 500 en 3 400 m. Dit is een van verskeie voëlspesies wat inheems aan die tropiese Noordoos-Afrika is.[7]
Die dikbekraaf se geluide sluit in ’n hees nasale gekras, ’n lae hyggeluid en soms ’n "dienk-dienk-dienk"-geluid. Nes baie ander sangvoëls kan dié spesie klanke naboots. Dit gebeur egter selde in die natuur en word gewoonlik in aanhouding gehoor.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.