Dromaeosauridae

From Wikipedia, the free encyclopedia

Dromaeosauridae

Dromaeosauridae was ’n familie voëlagtige teropode-dinosourusse. Hulle was klein tot mediumgrootte geveerde karnivore wat floreer het tydens die Kryt-periode. Die naam beteken "hardlopende akkedisse", van die Griekse δρομευς dromeus ("hardloper") en σαυρος sauros ("akkedis"). Hulle word dikwels informeel raptors genoem[1] (na aanleiding van Velociraptor), ’n term wat gewild gemaak is in die rolprent Jurassic Park; ’n paar soorte het "raptor" in hul naam en dit beklemtoon hul sogenaamde voëlagtige gewoontes.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Subgroepe ...
Dromaeosauridae
Tydperk: Middel-JuraLaat Kryt
160–66 m. jaar gelede
Thumb
Groot: Deinonychus antirrhopus. Klein: Buitreraptor gonzalezorum. (Field Museum of Natural History).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Dromaeosauridae

(Matthew & Brown, 1922)
Subgroepe
  • Luanchuanraptor
  • Ornithodesmus
  • Pamparaptor
  • Pyroraptor
  • Variraptor
  • Xiaotingia
  • †Unenlagiinae
  • †Microraptoria
  • †Eudromaeosauria
Sluit
Kitsfeite Kladistiese klassifikasie ...
Dromaeosauridae
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Klade: Theropoda
Klade: Eumaniraptora
Klade: Deinonychosauria
(Colbert & Russell, 1969)
Superfamilie: Dromaeosauroidea
Familie: Dromaeosauridae
(Matthew & Brown, 1922)
Sluit

Fossiele is in Noord-Amerika, Europa, Afrika, Japan, China, Mongolië, Madagaskar, Argentinië en Antarktika ontdek.[2] Hulle het in die laat Batonium-tydsnede van die Middel-Jura sowat 164 miljoen jaar gelede hul verskyning gemaak en oorleef tot aan die einde van die Maastricht-tydsnede van die Kryt sowat 66 miljoen jaar gelede – hulle het dus langer as 100 miljoen jaar bestaan voordat hulle in die Kryt-Paleogeen-uitwissing uitgesterf het.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.