Amerikaanse veeldoelige vliegtuig From Wikipedia, the free encyclopedia
Die De Havilland Canada DHC-6 Twin Otter is 'n Kanadese 19-sitplek passasiersvliegtuig met kort-opstyg-en-landingsvermoëns. Die vliegtuig is ontwikkel deur de Havilland Canada en word tans vervaardig deur Viking Air en bemark as die Viking Air DHC-6 Twin Otter.
De Havilland Canada DHC-6 Twin Otter | |
---|---|
Tipe | Passasiersvliegtuig |
Vervaardiger | de Havilland Canada Viking Air |
Nooiensvlug | 20 Mei 1965 |
Bekendstelling | 1966 |
Status | In produksie[1] |
Vervaardig | 965–1988 (Series 100–300) 2008–tans (Series 400) |
Aantal gebou | Okt 2017: 967 (844 DHC, 123 Viking)[2] |
Eenheidskoste | VS$680 000 (1972)[3] VS$6,5 miljoen (2017)[4] |
Ontwikkel van | de Havilland Canada DHC-3 Otter |
Die vliegtuig beskik oor 'n nie-terugtrekbare driewiel-tipe onderstel en word aangedryf deur twee turboskroef-motors. Dit het 'n goeie klimtempo wat dit geskik maak vir passasierspendeldienste sowel as die vervoer van vrag en vir mediese afvoerdienste.
Die vliegtuig is ook uiters gewild by die valskermspringers en word gebruik deur die Amerikaanse Leër Valskermspan asook die Amerikaanse Lugmag se 98ste Vlieënde Opleidingeskader.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.