From Wikipedia, the free encyclopedia
David Rockefeller (12 Junie 1915 – 20 Maart 2017) was 'n Amerikaanse beleggingsbankier wat lank die voorsitter en uitvoerende hoof van die Chase Manhattan Corporation was. Hy was die oudste lewende lid van die derde geslag van die Rockefeller-familie, en familie-patriarg vanaf Julie 2004 tot sy dood in Maart 2017..[1] Rockefeller was die vyfde seun en jongste kind van John D. Rockefeller Jr. en Abby Aldrich Rockefeller, en 'n kleinseun van John D. Rockefeller en Laura Spelman Rockefeller.
Hy was bekend vir sy wye politieke verbintenisse en sy buitelandse reise, waartydens hy baie buitelandse leiers ontmoet het. Sy fortuin is geskat op VS$3,3 miljard ten tyde van sy dood in Maart 2017.[2]
Rockefeller is in New York gebore. Hy het grootgeword in 'n huis met agt verdiepings in 10 West 54th Street, die hoogste privaatwoning wat ooit in die stad gebou is.[3] Rockefeller was die jongste van ses kinders wat gebore is vir die finansier John Davison Rockefeller Jr. en die sosiale dame Abigail Greene "Abby" Aldrich. John Jr. was die enigste seun van Standard Oil-medestigter John Davison Rockefeller Sr. en onderwyseres Laura Celestia "Cettie" Spelman. Abby was 'n dogter van Rhode Island Amerikaanse senator Nelson Wilmarth Aldrich en Abigail Pearce Truman "Abby" Chapman. David se vyf ouer broers en susters was Abby, John III, Nelson, Laurance en Winthrop.
Rockefeller het skoolgegaan aan die eksperimentele Lincoln School by 123ste Straat in Harlem.
In 1936 het Rockefeller cum laude aan die Harvard-universiteit gegradueer, waar hy as redakteur van The Harvard Crimson gewerk het.[4] Hy het ook ekonomie vir 'n jaar aan Harvard gestudeer en daarna 'n jaar aan die London School of Economics (LSE). By LSE het hy die eerste keer die toekomstige president John F. Kennedy ontmoet (hoewel hy vroeër sy tydgenoot by Harvard was) en het eens keer met Kennedy se suster Kathleen uitgegaan.[5]
Gedurende sy tyd in die buiteland het Rockefeller vir 'n kort rukkie in die Londense tak gewerk van wat die Chase Manhattan Bank sou word.
Nadat sy teruggekeer na die Verenigde State om sy nagraadse studies te voltooi, het hy 'n Ph.D. van die Universiteit van Chicago ontvang in 1940.[6]
Nadat hy sy studies in Chicago voltooi het, het hy sekretaris van New York se burgemeester Fiorello La Guardia geword vir agtien maande in 'n "dollar per jaar" staatsdienspos. Alhoewel die burgemeester die pers daarop gewys het dat Rockefeller slegs een van 60 interns in die stadsregering was, was sy werkruimte in werklikheid die vakante kantoor van die onderburgemeester.[7] Van 1941 tot 1942 was Rockefeller assistent-streekdirekteur van die Verenigde State se Kantoor van Verdediging, Gesondheid en Welsyn.
Rockefeller het by die Amerikaanse weermag aangesluit en in 1943 die Offisierskandidaatskool betree; hy is uiteindelik in 1945 tot kaptein bevorder. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy in Noord-Afrika en Frankryk gedien (hy kon vlot Frans praat) vir militêre intelligensie en het politieke en ekonomiese intelligensie-eenhede opgerig. Hy het ook sewe maande lank as assistent militêre attaché by die Amerikaanse ambassade in Parys gedien. Gedurende hierdie tydperk het hy 'n beroep op familiekontakte en Standard Oil-bestuurders om bystand gedoen.[8]
In 1946 het Rockefeller by die personeel van die jarelange familie-verwante Chase National Bank aangesluit.[9] Die voorsitter op daardie stadium was Rockefeller se oom, Winthrop W. Aldrich.[10] Die Chase Bank was hoofsaaklik 'n groothandelbank[11] wat met ander prominente finansiële instellings en groot korporatiewe kliënte, soos General Electric, sake gedoen het.
Die bank is ook nou geassosieer met en het die oliebedryf gefinansier en het jarelange verbintenisse met die opvolgermaatskappye van Standard Oil, veral Exxon Mobil. Chase National het in 1955 die Chase Manhattan Bank geword[12] en het aansienlik na verbruikersbankwese verskuif. Dit staan nou as JPMorgan Chase bekend.[13]
Rockefeller het as 'n assistentbestuurder in die buitelandse departement begin werk. Daar het hy internasionale handel in 'n aantal kommoditeite, soos koffie, suiker en metale, gefinansier. Hierdie posisie het ook verhoudings met meer as 1 000 korrespondentbanke regoor die wêreld gehandhaaf. Hy het in ander poste gedien en in 1960 president geword. Hy was beide voorsitter en uitvoerende hoof van Chase Manhattan van 1969 tot 1980 en het tot 1981 voorsitter gebly. Hy was ook, so onlangs as 1980, die enkele grootste individuele aandeelhouer van die bank, wat 1,7% van sy aandele gehou het.[14]
Gedurende sy termyn as HUB het Chase internasionaal versprei en ’n sentrale komponent van die wêreld se finansiële stelsel geword vanweë sy wêreldwye netwerk van korrespondentbanke, die grootste ter wêreld. In 1973 het Chase die eerste tak van 'n Amerikaanse bank in Moskou, in die destydse Sowjetunie, gestig. Daardie jaar het Rockefeller na China gereis, wat daartoe gelei het dat sy bank die Nasionale Bank van China se eerste korrespondentbank in die VSA geword het.[15]
Van 1974 tot 1976 het Chase se verdienste met 36 persent gedaal terwyl dié van sy grootste mededingers met 12 tot 31 persent gestyg het. Die bank se verdienste het tussen 1976 en 1980 meer as verdubbel, wat sy mededinger Citibank ver oortref het. Teen 1981 is die bank se finansies tot volle gesondheid herstel.[16]
Rockefeller het in 1981 uit die aktiewe bestuur van die bank getree, en is opgevolg deur sy protégé Willard C. Butcher. John J. McCloy, voormalige Chase-voorsitter, het destyds gesê hy glo Rockefeller sal nie in die geskiedenis staan as 'n groot bankier nie, maar eerder as 'n "ware persoonlikheid, as 'n vooraanstaande en lojale lid van die gemeenskap".[17]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.