From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Datsun Go is die Japannese motorvervaardiger Nissan se eerste motor wat weer vrygestel word onder die Datsunmerk, sedert dit gestaak is in 1986. Dit is vernoem na die "Dat-Go", Datsun se eerste motor van stapel gestuur in die vroeë 20ste eeu,[2] en was aanvanklik beskikbaar in ontwikkelende markte soos Indië, Indonesië en Suid-Afrika. Dit is op dieselfde Nissan V platform as die Micra/March gebaseer.[3]
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Datsun (Nissan) |
Ook genoem | Datsun Nusantara Go (en Go+) Panca (slegs Indonesië) |
Produksie | 2014– |
Montering | Chennai, Indië [1] Nissan Motor Indonesia, Purwakarta, Indonesië |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Stadsmotor (Go) Mini MPV (Go+) |
Bakstyl | 5-deur luikrug (Go) 5-deur MPV (Go+) |
Uitleg | voorenjin, voorwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.2 L I3 (Petrol) |
Ratkas | 5-gang handratkas |
Lengte | 3785 mm (Go) 3995 mm (Go+) |
Breedte | 1635 mm |
Hoogte | 1485 mm |
Asafstand | 2450 mm |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Nissan Micra |
Die Go is in Indië op 19 Maart 2014 vrygestel met 'n pryskaartjie van ₹ 3,12-3,70 lakh[4] en in Indonesië met 'n verkoopsprys onder Rp 100 000 000, om die Indonesiese LCGC-wetgewing te akkommodeer wat vir beide die Go en die Go+ geld.[5]
Die Datsun Go is in 4 afwerkings beskikbaar: D, D1, A en T.[6] Almal deel dieselfde 1.2 liter-enjin en 5-gang handratkas, geventileerde voorste skyfremme, agterste dromremme en 13-duim wiele. Toerustingvlakke verbeter deur die reeks, met die T wat eienskappe het soos spoedsensitiewe kragstuur, elektriese voorvensters, sentrale sluiting, mobiele oorlaaistasie en voorsprekers en volwielbedekking.
In Indonesië is die Go Panca beskikbaar in 3 afwerkings: T (Rp 96.000.000), T-opsie (Rp 96.500.000) en T Active (Rp 99.900.000).[7] As die topmodel, kom die T Active met al die toerusting wat die T en T-opsie het, plus: aerostelle, bakwerkgietsels, silwergeverfde groeperings, ens.
Die Datsun Go+ is 'n MPV-weergawe van die Go. In Indonesië is die Go+ Panca beskikbaar in 3 afwerkings: Basiese D (Rp 85.250.000), A (Rp 92.800.000), en top van die lyn T (Rp 100.300.000).[8] Die T is toegerus met elektriese kragstuur, 155/70 R13 staalwiele met bedekkings, sentrale sluiting, sleutellose alarm, immobiliseerder en kragvensters (net voor). Die Go+ gebruik dieselfde platform en enjin as die Go, en die 5 + 2 sitplekuitleg. Die lengte van die Go+ is 3995 mm en sy breedte is 1635 mm. Sy hoogte is 1485 mm en sy asafstand is 2450 mm.
Nissan het die Datsun Go+ MPV in die Indiese motormark vrygestel in 2015. Dit is beskikbaar in vier afwerkingsvlakke, die intreevlak variant van die kompakte MPV geprys teen ₹ 3.79 lakh, terwyl die top-spesifikasiemodel 'n prys van ₹ 4.61 lakh het in 'n vertoonlokaal in Nieu-Delhi. Die Datsun Go+ MPV word slegs as petrolweergawe aangebied. Onder die enjinkap is 'n 1.2 liter-driesilinder petroleenheid. Hierdie enjin is in staat om 'n maksimum kraglewering van 67 pk teen 5 000 rpm en 'n wringkragpiek van 104 Nm teen 4 000 rpm te lewer. Krag word via 'n vyfgang-handratkas oorgedra na die voorwiele. Die maatskappy beweer dat die enjin 'n indrukwekkende ARAI gesertifiseerde brandstofverbruik van 20.62 km/l gee. [9]
Aan die binnekant het die top van die lyn model kragstuur, saam met sentrale sluiting, wielbedekkings, bakgekleurde buffers, voorste elektriese vensters en 'n HVAC stelsel. Datsun beweer dat sy nuwe sub-kompakte veeldoelvoertuig 'n brandstofverbruik 20,6 km/l het, die beste in die klas, sowel as die laagste totale koste van eienaarskap onder sy mededingers.[10]
Die motor ontleen baie funksies by die Micra, waaruit dit baie van sy binnekant geërf het. Die lengte van die voertuig is 3785 mm en sy breedte is 1635 mm, wat dit in die kleinmotorkategorie plaas. Sy hoogte is 1485 mm en sy asafstand is 2450 mm.
Die Go word aangedryf deur 'n 1,2-liter (1198 cc) inlyndriesilinderenjin wat ook gebruik word in die Micra Active. Hierdie enjin ontwikkel 51 kW (68 pk) en 104 N·m se wringkrag.[11] Die Go boet waarskynlik prestasie in ten einde sy brandstofverbruik te verbeter.
Tydens 'n botsingstoets in Indië het die Go 'n nul-gradering van Global NCAP ontvang, waarna NCAP se voorsitter Max Mosley versoek het dat die motor van die mark onttrek word in 'n brief aan Carlos Ghosn, Renault-Nissan se HUB, aangesien dit heeltemal ineengestort het tydens die botsingstoets.[12]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.