Die term chronofilie is deur John Money gebruik om ’n soort parafilie te beskryf waar ’n individu net seksueel aangetrokke voel tot mense van ’n sekere ouderdom.[1][2] Die term word nie algemeen deur seksuoloë gebruik nie; hulle verkies terme wat na ’n spesifieke ouderdomsgroep verwys.[3] ’n Moontlike geskiedkundige voorloper van die term was Richard von Krafft-Ebing se konsep "ouderdomsfetisjisme".[4]
- Infantofilie (soms genoem "nepiofilie") is ’n soort pedofilie wat ’n seksuele voorkeur beskryf vir kinders jonger as vyf jaar oud (insluitende babas en peuters).[5]
- Pedofilie is ’n geestesteuring waar ’n volwassene of ouer tiener ’n seksuele voorkeur vir voortieners (tieners voor puberteit) het.[6][7] Volgens die vyfde uitgawe van die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings (DSM-5) is pedofilie ’n parafilie waar ’n persoon intense seksuele drange teenoor kinders het en herhaalde seksuele drange en fantasieë teenoor kinders ondervind. Pedofiliese steuring word verder gedefinieer as ’n geestesteuring waar ’n persoon aan die kriteria voldoen van ’n pedofiel soos hier bo beskryf, en ook ooreenkomstig dié drange handel of angs of interpersoonlike probleme ondervind as gevolg daarvan.[8][9] Volgens die Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme (ICD) kan dié diagnose gemaak word by iemand van 16 of ouer.[10] Nie alle pedofiele molesteer kinders nie en nie alle kindermolesteerders is pedofiele nie.[11]
- Hebefilie en efebofilie is ’n seksuele voorkeur vir jong mense onderskeidelik tydens en ná puberteit.[12] Bernard Glueck het die term "hebefilie" in 1955 bekendgestel.[13]
- Teleiofilie (van die Griekse téleios, "volgroeid") is ’n seksuele voorkeur vir volwassenes.[14] Die term is in 2000 deur Ray Blanchard bekendgestel.[15]
- Mesofilie (van die Griekse "mesos", "middelbaar") is ’n seksuele voorkeur vir middeljarige volwassenes. Michael Seto het die term in 2016 bekendgestel.[16]
- Gerontofilie is ’n seksuele voorkeur vir bejaardes.[17]
Money, John (1986). Lovemaps: clinical concepts of sexual/erotic health and pathology, paraphilia, and gender transposition of childhood, adolescence, and maturity. pp. 70, 260. ISBN 978-0-8290-1589-8.
Greenberg DM, Bradford J, Curry S (1995). "Infantophilia--a new subcategory of pedophilia?: a preliminary study". Bull Am Acad Psychiatry Law. 23 (1): 63–71. PMID 7599373..
Blanchard, R.; Kolla, N. J.; Cantor, J. M.; Klassen, P. E.; Dickey, R.; Kuban, M. E.; Blak, T. (2007). "IQ, handedness, and pedophilia in adult male patients stratified by referral source". Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment. 19 (3): 285–309. doi:10.1177/107906320701900307. PMID 17634757. S2CID 220359453.
Blanchard, R. Blanchard, R., Lykins, A. D., Wherrett, D., Kuban, M. E., Cantor, J. M., Blak, T., Dickey, R., & Klassen, P. E. (2008). Pedophilia, hebephilia, and the DSM–V. Archives of Sexual Behavior. doi:10.1007/s10508-008-9399-9.
Glueck, B.C. jr. (1955). Final report: Research project for the study and treatment of persons convicted of crimes involving sexual aberrations. June 1952 to June 1955. New York: New York State Department of Mental Hygiene.
Blanchard, R.; Barbaree, H. E.; Bogaert, A. F.; Dickey, R.; Klassen, P.; Kuban, M. E.; Zucker, KJ; et al. (2000). "Fraternal birth order and sexual orientation in pedophiles". Archives of Sexual Behavior. 29 (5): 463–478. doi:10.1023/A:1001943719964. PMID 10983250. S2CID 19755751.
Blanchard, R. & Barbaree, H. E. (2005). "The strength of sexual arousal as a function of the age of the sex offender: Comparisons among pedophiles, hebephiles, and teleiophiles". Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment. 17 (4): 441–456. doi:10.1177/107906320501700407. PMID 16341604. S2CID 220355347.