From Wikipedia, the free encyclopedia
Gerontofilie is ’n term wat verwys na ’n seksuele voorkeur vir bejaardes. Die woord is in 1901 deur die psigiater Richard von Krafft-Ebing bekendgestel.[1][2] Dit kom van die Griekse geron, "ou persoon", en philie, "liefde".[3] Gerontofilie word as ’n parafilie gediagnoseer, maar kom nie in die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings (DSM) of die Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme (ICD) voor nie.[1]
Die omvang van gerontofilie is onbekend.[1] ’n Ondersoek na pornografiese soekterme op ’n webtuiste het getoon 0,15% het gerontofiliese temas gehad.[4] Seksoortreders met bejaardes is nie noodwendig gerontofiele nie. Daar is ander oorwegings vir sulke misdade, soos woede of sadisme, of die toenemende kwesbaarheid van ouer mense as ’n sosiale groep.[5] Daar is geen studies wat aandui sulke oortreders is gerontofiele nie.
In een klein studie het twee uit ses oortreders teen bejaardes gerontofiliese neigings getoon.[6] Gerontofilie kan ook met met ’n bejaarde se instemming voorkom binne ’n wettige verband.[1][7]
Die eerste van ’n paar klein studies oor die onderwerp was in 1905 deur die Franse geneesheer Charles Féré. Hy het geskryf van ’n 27-jarige man wat ’n huwelik met ’n 20-jarige "skoonheid" van die hand gewys het ten gunste van ’n huwelik met ’n 62-jarige vrou.[1] Volgens sulke studies het die man gewoonlik ’n vroeë seksuele ondervinding met ’n baie ouer vrou gehad.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.