From Wikipedia, the free encyclopedia
Chesney Henry "Chet" Baker Jr. (23 Desember 1929 – 13 Mei 1988) was 'n Amerikaanse trompetspeler en sanger van jazzmusiek. Hy is bekend om sy noemenswaardige innovasies in die "cool jazz" genre. Die innovasies het aan hom die noemnaam "prince of cool" besorg.[2]
Chet Baker | |
---|---|
Chet Baker in 1983 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Chesney Henry Baker |
Gebore | Yale, Oklahoma, Verenigde State | 23 Desember 1929
Sterf | 13 Mei 1988 (op 58) Amsterdam, Nederland |
Genres | Cool jazz, bebop, West Coast jazz |
Beroep(e) | Musikant, sanger, komponis |
Instrumente | Trompet, stem, klavier[1] |
Jare aktief | 1949–1988 |
Etikette | Pacific Jazz Records, RCA Records, Epic Records |
Assosiasies | Gerry Mulligan, Art Pepper, Stan Getz |
Baker het deur die era van die 1950's baie aandag en kritiese lof ontvang, veral vir albums waarin hy ook sing (Chet Baker Sings, It Could Happen to You). Die Jazz historikus Dave Gelly het die belofte wat Baker se vroeë loopbaan ingehou het beskryf as "James Dean, Sinatra, and Bix, rolled into one."[3] Sy dwelmgebruik het ook sy berugtheid en bekendheid gedryf. Baker was met reëlmaat in die tronk, voordat 'n herlewing in sy loopbaan in die laat 1970's en 1980's plaasgevind het.[4]
Baker is deur die fotograaf William Claxton afgeneem vir sy boek Young Chet: The Young Chet Baker. 'n Oscar-genomineerde 1988-dokumentêr oor Baker getiteld Let's Get Lost, beeld Baker uit as 'n kulturele ikoon van die vyftigerjare, maar stel dit teenoor sy latere beeld as dwelmverslaafde. Die film, geregisseer deur die modefotograaf Bruce Weber, is in swart-en-wit geskiet en bevat 'n reeks onderhoude met vriende, familie (waaronder sy drie kinders by sy derde vrou Carol Baker), musikale tydgenote en vriendinne, afgewissel met beeldmateriaal van Baker se vroeëre lewe, en onderhoude met Baker in sy laaste jare. In Chet Baker, His Life and Music kritiseer die skrywer De Valk en andere die film omdat Baker daarin in sy latere jare as " bedremmelde en verskrompeld" voorgestel word. Die film is gedurende die eerste helfte van 1987 opgeneem, voor Baker se loopbaanhoogtepunte soos bv. die Japannese konsert, wat op "Chet Baker in Tokio" uitgereik is.
Time after Time: The Chet Baker Project, wat geskryf is deur die dramaturg James O'Reilly, het in 2001 in Kanada getoer.[5]
Jeroen de Valk het 'n biografie oor Baker geskryf.[6]Ander biografieë sluit in James Gavin se Deep in a Dream — The Long Night of Chet Baker en Matthew Ruddick se Funny Valentine. Baker se "verlore herinneringe" is beskikbaar in die boek As Though I Had Wings, met 'n inleiding deur Carol Baker.
Hy word uitgebeeld deur Ethan Hawke in die 2015-film Born to Be Blue. Dit is 'n her-verbeelding van Baker se loopbaan in die laat 1960's, toe hy bekend was vir sy musiek en sy verslawing, en waartydens hy deelgeneem het aan 'n film oor sy lewe om sy loopbaan te bevorder.[7] Steve Wall speel Baker in die film uit 2018 getiteldMy Foolish Heart.
Die sanger Luciana Souza het The Book of Chet in 2012 opgeneem as huldeblyk. Die Brasiliaanse jazz-pianis Eliane Elias het haar 2013-album I Thought About You aan Baker opgedra.[8][9]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.