Spaanse vragvliegtuig From Wikipedia, the free encyclopedia
Die CASA C-212 Aviocar is 'n turboskroefaangedrewe, mediumgrootte vragvliegtuig met kort-opstyg-en-land vermoë (STOL). Dit is ontwerp en gebou deur Construcciones Aeronáuticas SA (CASA) in Spanje vir beide die militêre en burgerlike marksegmente.
CASA C-212 Aviocar | |
---|---|
Tipe | Veeldoelige vliegtuig |
Vervaardiger | Construcciones Aeronáuticas SA EADS CASA Indonesiese Lugvaart |
Nooiensvlug | 26 Maart 1971 |
Bekendstelling | Mei 1974 |
Status | In produksie in Indonesië |
Hoofgebruiker | Indonesië |
Vervaardig | 1971–2012 |
Aantal gebou | 483[1] + >100 (IPTN) |
Eenheidskoste | $5.2-8 miljoen (2006)[2] |
Gedurende die laat 1960's het die Spaanse Lugmag nog suieraangedrewe vragvliegtuie gebruik insluitend die drie-enjin Junkers Ju 52 en twee-enjin Douglas C-47. Om 'n vereiste van die Spaanse Lugmag se moderniseringsprogram te vervul, het CASA die C-212 voorgestel, 'n tweemotorige 18-sitplek vragvliegtuig wat geskik is om in verskeie rolle gebruik te kan word. Dit is bruikbaar vir die vervoer van passasiers, nood- en ambulansdienste en vervoer van valskermsoldate, asook gebruik in 'n burgerlike omgewing.[3] Die eerste prototipe het op 26 Maart 1971 sy nooiensvlug voltooi. Die Spaanse Lugmag het in 1974 bestellings geplaas vir die C-212 om sy vloot te moderniseer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.