Bounnhang Vorachit
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bounnhang Vorachit (Lao: ບຸນຍັງ ວໍລະຈິດ; gebore op 15 Augustus 1937)[3][4][5] is 'n Laosiaanse politikus wat tussen 2016 en 2021 die sekretaris-generaal van die Volksrevolusionêre Party van Laos (de facto-leier) en president van Laos (de jure staatshoof) was. Hy was tussen 2001 en 2006 die Eerste Minister van Laos en daarna het hy as die Adjunkpresident vanaf 2006 tot 2016 gedien.
Bounnhang Vorachit | |
Bounnhang Vorachit in 2016 | |
Algemene Sekretaris van die Volksrevolusionêre Party van Laos | |
Ampstermyn 22 Januarie 2016 – 15 Januarie 2021 | |
Vise | Phankham Viphavan |
---|---|
Voorafgegaan deur | Choummaly Sayasone |
Opgevolg deur | Thongloun Sisoulith |
6de President van Laos | |
Ampstermyn 20 April 2016 – 22 Maart 2021 | |
Vise | Phankham Viphavan |
Eerste minister | Thongloun Sisoulith |
Voorafgegaan deur | Choummaly Sayasone |
Opgevolg deur | Thongloun Sisoulith |
4de Adjunkpresident van Laos | |
Ampstermyn 8 Junie 2006 – 20 April 2016 | |
President | Choummaly Sayasone |
Voorafgegaan deur | Choummaly Sayasone |
Opgevolg deur | Phankham Viphavan |
14de Eerste Minister van Laos | |
Ampstermyn 27 Maart 2001 – 8 Junie 2006 | |
President | Khamtai Siphandon |
Voorafgegaan deur | Sisavath Keobounphanh |
Opgevolg deur | Bouasone Bouphavanh |
Minister van Finansies | |
Ampstermyn 6 Augustus 1999 – 27 Maart 2001 | |
Eerste minister | Sisavath Keobounphanh |
Voorafgegaan deur | Khamphoui Keoboualapha |
Opgevolg deur | Soukanh Mahalath |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 15 Augustus 1937 Savannakhet, Franse protektoraat van Laos |
Politieke party | Volksrevolusionêre Party van Laos |
Eggenoot/-note | Khammeung Vorachit |
Militêre Diens | |
Lojaliteit | Laos |
Diens/Tak | Gewapende Magte |
Rang | Kolonel[1][2] |
Bounnhang Vorachit het in 1951 by die Pathet Lao-weerstandsbeweging aangesluit en in die propaganda-afdeling van die gewapende magte in Savannakhet gewerk. Hy het vanaf 1958 tot 1961 in Viëtnam gestudeer, en daarna na Laos teruggekeer om te help voorberei vir die verowering van die Luang Namtha-provinsie. Ná die oorwinning in Luang Namtha in 1962 het hy na Viëtnam teruggekeer en aan 'n militêre kollege gestudeer.[6]
In 1964 het Bounnhang na Laos teruggekeer. Hy het daarna in 1969 hoof van die reëlingskomitee in die Xieng Khuang-provinsie geword. In 1972 het hy Adjunk-bevelvoerder van die Noordelike Front in die Luang Prabang-provinsie geword. Hy het toe in 1974 by die koalisie aangesluit en partysekretaris van die weermag in Luang Prabang geword. In 1976 is hy as die politieke leier van die gewapende magte van die noordelike helfte van die land aangewys. In 1978 het hy na Viëtnam teruggekeer om politieke teorie te studeer. In 1981 het hy politieke leier van die gewapende magte geword. Bounnhang het vanaf 1981 tot sy aanstelling as adjunk-eerste minister in 1996 as die goewerneur van die Savannakhet-provinsie gedien.
Voordat hy in 2001 Eerste Minister geword het, was hy sedert 1996 Adjunk Eerste Minister. Daarbenewens was hy vanaf 1996 tot 1999 Voorsitter van die Lao-Viëtnamese Samewerkingskomitee en vanaf 1999 tot 2001 Minister van Finansies. Op 26 Maart 2001 is hy verkies tot Voorsitter van die Raad van Ministers (Eerste Minister) van Laos. Op 8 Junie 2006 het hy visepresident van die Demokratiese Volksrepubliek Laos geword.
Bounnhang se bande met Viëtnam loop diep. Hy het daar militêre opleiding ondergaan en, nadat hy in 1975 deel was van die stigting van die Laos Demokratiese Volksrepubliek, het hy sosialistiese denke daar studeer.[6]
Hy het op 8 Junie 2006 visepresident geword toe Bouasone Bouphavanh as Eerste Minister aangestel is. By die 10de kongres van die Volksrevolusionêre Party van Laos op 22 Januarie 2016 is hy verkies tot algemene sekretaris van die party, wat hom die de facto leier van Laos gemaak het.[7] Bounnhang Vorachit is met Khammeung Vorachit getroud en is die pa van drie seuns en twee dogters. Sy een dogter, Bounkham Vorachit, is 'n lid van die 11de LPRP Sentrale Komitee.
By die 11de kongres van die Volksrevolusionêre Party van Laos (2021) het hy as algemene sekretaris uitgetree ten gunste van Thongloun Sisoulith.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.