Beitbrug
From Wikipedia, the free encyclopedia
Beitbrug is die grootste grenspos en 'n brug oor die Limpoporivier tussen Suid-Afrika en Zimbabwe. Die brug en grenspos is na die mynmagnaat Alfred Beit vernoem, wat fondse vir die konstruksie voorsien het.
- Hierdie brug moet nie verwar word met die Otto Beit-brug oor die Zambezirivier nie.
Beitbrug Beitbridge | |
---|---|
Die Beitbrug-grenspos, Zimbabwe | |
Koördinate: 22°13′52″S 29°59′13″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Vhembe |
Munisipaliteit | Musina |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,94 km2 (0,36 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 001 |
• Digtheid | 1 065/km2 (2 760/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 1.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 0.9% |
• Swart mense | 97.2% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Venda | 45.5% |
• Noord-Sotho | 32.7% |
• Engels | 10.0% |
• Afrikaans | 6.4% |
• Ander | 5.5% |
Skakelkode | 015 |
Grenspos
Die Beitbruggrenspos bly 24 uur per dag oop. Die N1 nasionale pad strek vanaf Kaapstad tot hier. Musina is 16 km suid van Beitbrug geleë. Dit is die besigste grenspos in die streek en kan tot 500 vragmotors per dag hanteer.[2]
Brug
Die oorspronklike brug, wat deesdae net spoorverkeer dra, is in 1929 deur Dorman Long voltooi.[3] Die projek het £ 600 000 gekos. Die brug is op 31 Augustus deur Alexander Cambridge, 1ste Graaf van Athlone geopen.[4]
Die nuwe brug is in 1995 reg langs en parallel met die ou brug gebou om swaarder verkeer te kan hanteer.[5] Die brug is deur Murray & Roberts vir die maatskappy New Limpopo Bridge Ltd gebou,[6] wat ook die brug bedryf.[7]
Sien ook
Verwysings
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.