Begonia is ’n genus meerjarige blomplante in die familie Begoniaceae. Die genus bevat, volgens 'n onlangse telling, 1 795 verskillende spesies. Begonias is inheems aan klam tropiese en subtropiese klimate. Sommige spesies word in koeler klimate algemeen as huisplante gekweek. Hulle het pragtige, kleurryke blomme, wat kelkblare het maar nie kroonblare nie.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie ...
Begonia
Thumb
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Cucurbitales
Familie:
Genus:
Begonia

L.
Sluit

Eienskappe

Thumb
Die blomme van ’n begonia.

Met sy talle spesies is Begonia die sesde grootste blomplantgenus.[1] Die plante is grond- en soms lugplante en kom voor in die tropiese en subtropiese klimate van Suid- en Sentraal-Amerika, Afrika en Suid-Asië.

Begonias word in drie hoofgroepe verdeel volgens hul wortelstelsel: wortelknol-, veselwortel- en wortelstok-plante. Hulle is eenslagtig en die manlike en vroulike blomme kom apart aan dieselfde plant voor; die manlike blom het verskeie meeldrade en die vroulike blom ’n groot onderstandige vrugbeginsel en twee tot vier vertakte en verdraaide stampers.

Die vrug bevat gewoonlik talle klein saadjies. Die blare is dikwels groot met vlekke of strepe.

Spesies en kultivars

Spesies

’n Paar van die gewilde spesies is:

  • Begonia coccinea
  • Begonia grandis
  • Begonia obliqua
  • Begonia rex

Kultivars

Die volgende kultivars en kultivargroepe kom voor:

  • Begonia 'Immense'
  • Begonia × sedenii
  • Begonia × semperflorens-cultorum
  • Begonia × tuberhybrida

Probleme

As die plant se blare ongesond lyk, is dit waarskynlik te nat en koud of te warm en droog. As hulle te klein is, kort die plant bemesting. Bakteriese verwelksiekte, meeldou, Botrytis-swam en komkommermosaïekvirus kan voorkom. In laasgenoemde geval moet die plant dadelik vernietig word.[2]

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.