Ballito
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ballito is 'n kusdorp in die ooste van Suid-Afrika, langs die Dolfynkus in die provinsie van KwaZulu-Natal. Die dorp lê 40 km noordoos van Durban. Ballito beteken "klein bal" in Italiaans.
Ballito | |
---|---|
Ballitostrand | |
Koördinate: 29°32′S 31°13′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | iLembe |
Munisipaliteit | KwaDukuza |
Stigting | 1954 |
Oppervlak | |
• Totaal | 22,16 km2 (8,56 vk. myl) |
Hoogte | 139 m (456 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 19 234 |
• Digtheid | 868/km2 (2 250/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 42.0% |
• Indiërs/Asiërs | 5.7% |
• Bruin mense | 1.2% |
• Swart mense | 50.6% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Engels | 42.7% |
• Zoeloe | 27.1% |
• Xhosa | 14.9% |
• Afrikaans | 9.3% |
• Ander | 6.0% |
Poskode (strate) | 4420 |
Poskode (posbusse) | 4420 |
Skakelkode | 032 |
Webwerf | www.Ballito.net (en) |
Die ontwikkeling van Ballitobaai het in 1953 op die plaas Avondalepark begin en dorpstatus is 5 jaar later toegeken.
Die hoofstrand, Willardstrand, word deur haainette beskerm en daar is elke dag lewensredders aan diens. Shaka's Rock is net noord van Ballitobaai. By hierdie punt het Shaka na bewering sy vyande afgegooi. Ook moes impies wat van lafhartigheid beskuldig is, hier afspring om hulle dapperheid te bewys.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.