Remove ads
’n horlosie wat as basis vir sy tydmeting gebruik maak van die trillings van atome From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Atoomhorlosie is ’n horlosie wat as basis vir sy tydmeting gebruik maak van die trillings van atome. Die frekwensie van dié trillings is so konstant en onafhanklik van die omgewing dat die afwyking van ’n atoomhorlosie slegs sowat 1 sekonde in 5 miljard jaar is.[1] Die mees gebruikte atoomhorlosie is gebaseer op die element sesium. Dit is nie verbasend nie, want die sekonde is aan die hand van dié element gedefinieer. Sommige atoomhorlosies gebruik ander elemente, soos rubidium of waterstof.
Die eerste atoomhorlosie wat op sesium gebaseer was, is in 1955 deur die Britse natuurkundige Louis Essen ontwikkel. Die atoomhorlosie het die einde ingelui van die gebruik van astronomiese tyd as internasionale tydskaal. Die frekwensie van ’n atoomhorlosie met sesium as basis is konstanter as die draaiing van die Aarde self.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.