Antonof An-26
Russiese vragvliegtuig From Wikipedia, the free encyclopedia
Russiese vragvliegtuig From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Antonof An-26 (NAVO verslagnaam: Curl) is 'n tweemotorige turboskroef burgerlike en militêre vervoervliegtuig, ontwerp en gebou in die Sowjetunie vanaf 1969 tot 1986.[1]
Antonof An-26 | |
---|---|
Tipe | Vragvliegtuig |
Vervaardiger | Antonof |
Ontwerp deur | Antonof |
Nooiensvlug | 21 Mei 1969[1] |
Bekendstelling | 1970 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | Sowjet Lugmag Pakistanse Lugmag Viëtnamese Lugmag |
Vervaardig | 1969–1986 |
Aantal gebou | 1 403 |
Ontwikkel van | Antonof An-24 |
Nadat die Antonof An-24 suksesvol gebruik is in operasies na geheime, afgeleë omgewings, het die navraag vir 'n terugtrekbare vragdeur toegeneem. Aanvanklike ondersoeke vir so 'n vragdeur is uitgevoer as deel van die voorgestelde An-40 mediumvervoervliegtuig. Goedkeuring is verleen vir die An-26 in Maart 1968 deur die Antonof Eksperimentele Ontwerpburo dat die An-40 se vragdeur aan die An-24 se romp gemonteer mag word wat die An-26 tot gevolg gehad het.
Daar is veral gekonsentreer op die militêre weergawe en die grootste gros van die eerste An-26s is afgelewer aan die Militêre Lugvervoerafdeling van die Sowjet Lugmag.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.