From Wikipedia, the free encyclopedia
Android [ˈændɹɔɪd] is 'n oopbron-bedryfstelsel en sagteware-platform vir mobiele toestelle soos slimfone, selfone, mediaspelers, netboeke en tabletrekenaars wat deur die Open Handset Alliance ontwikkel word, 'n konsortium van 84 ondernemings uit die inligtingstegnologie- en telekommunikasiebedryf wat belangstelling het in die bevordering van oop standaarde vir mobiele toestelle en wat deur die Amerikaanse maatskappy Google in die lewe geroep is.[7][8] Android is die geesteskind van Andy Rubin, eienaar van die IT-maatskappy Android Inc wat in 2005 deur Google uitgekoop is.
Android | |
Android 14 | |
Ontwikkelaar | Google Open Handset Alliance |
---|---|
Aanvanklike vrystelling | 23 September 2008[1] |
Nuutste weergawe | 11/ 8 September 2020 |
Nuutste betaweergawe | Android 11 Beta 3[2]/ 6 Augustus 2020 |
Programmeertaal | C (core), C++, Java (UI)[3] |
Platform | 32-bit en 64-bit ARM, MIPS,[4] x86,[5] x86-64 |
Beskikbaar in | Veeltalig (100+ tale, insluitende Afrikaans) |
Lisensie | Apache License 2.0 gemodifiseerde Linux kernel onder GNU GPL v2[6] |
Webblad | www.android.com |
Die Android-bedryfstelsel is gebaseer op Linux en dit word vrygestel onder die Apache-lisensie. Die vervaardigers van selfone wat van Android gebruik maak, is onder andere Motorola, HTC, Huawei, Samsung en LG.
Android was tot kort voor die openbare bekendstelling op 5 November 2007 bekend as die gPhone. Dié bekendstelling het gepaard gegaan met die stigting van die Open Handset Alliance.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.