Remove ads
Tegnologies gevorderde selfoon From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Slimfoon is 'n tegnologies gevorderde selfoon wat mobiele kommunikasie met die rekenkrag van 'n tabletrekenaar en internettoegang verbind en as mediaspeler, digitale kamera en GPS-navigasietoestel gebruik kan word. Baie moderne slimfone word met hoë resolusie-raakskerms toegerus waarop standaard-webblaaie, asook webblaaie wat vir mobiele toestelle geoptimaliseer is, vertoon kan word. Internettoegang word deur mobiele breëbanddienste of draadlose netwerke verskaf.
Tans is daar 'n verskeidenheid vrye en kommersiële bedryfstelsels vir slimfone beskikbaar, waaronder Google se Android, Apple Inc. se iOS en Microsoft se Windows Phone.[1][2][3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.