Andriëtte Norman (gebore 17 Oktober 1987, Brackenfell, Kaapstad, Suid-Afrika), ook bekend as Andriëtte, is 'n Afrikaanse sangeres. Sy het al verskeie kere tydens KKNK en Huisgenoot-Skouspel opgetree. Van haar treffers sluit in: "Napoleon" (geskryf deur Steve Hofmeyr), "Dinge" en "Sewe Oseane" (geskryf deur Rudi Claase), "Storm in my hart" (geskryf deur Munro du Toit) en "Dink aan my".
Andriëtte Norman | |
---|---|
Gebore | 17 Oktober 1987 |
Oorsprong | Brackenfell, Kaapstad, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sangeres |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 2007 – nou |
Etikette | Sony Music, Select |
Webwerf | www |
Norman is in 2007 aangewys as die naaswenner in die Suid-Afrikaanse TV-sangkompetisie Idols. Haar debuutalbum, Diamant, is in 2008 vrygestel. In 2009 palm sy 'n Vonk-prys vir Beste Kontemporêre Vroulike album in. Haar tweede album, Dink aan my is in 2009 uitgegee en haar derde, Vat my hoër, in 2011. In 2014 ontvang sy 'n Ghoema-toekening in die kategorie Beste Kontemporêre Vroulike album vir die album Wat rym met liefde.
Sy matrikuleer in 2004 aan Hoërskool Brackenfell in Kaapstad, Suid-Afrika.[1]
Norman bring na hoërskool haar beroepsloopbaan as skoonheidsterapeut op die been, maar vestig haar aandag voltyds op sang nadat sy in 2007 'n tweede plek in die Idols-sangkompetisie behaal het.[1]
"Sewe oseane" is deur Rudi Claase geskryf.[2][3] 'n Nederlandse weergawe van hierdie liedjie is ook deur Belinda Kinnaer opgeneem.[4][5]
Ateljeealbums
- 2008: Diamant
- 2009: Dink aan my
- 2011: Vat my hoër
- 2013: Wat rym met liefde
- 2015: Pêrel vir 'n kroon
- 2020: Hartsland
Versamelalbums
- 2007: Idols Season 4: Love Is All Around
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.