From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Amerikaanse arend of Amerikaanse adelaar (Haliaeetus leucocephalus) is 'n roofvoël wat inheems is aan Noord-Amerika. Dit is een van die visvretende arende, en het twee erkende subspesies. Dit vorm 'n spesiepaar met die witstertarend (Haliaeetus albicilla), wat in die Palearktiese gebied dieselde nis okkupeer. Die verspreidingsgebied sluit die oorgrote deel van Kanada en Alaska in, die geheel van die aaneenlopende Verenigde State, en noordelike Meksiko. Dit word naby groot waterliggame aangetref waar 'n gulle voedselvooraad aanwesig is, benewens nabye gevestigde boomplate wat vir die plasing van hul neste geskik is.
Amerikaanse arend | |
---|---|
![]() | |
Gereed om te vlieg by Kachemakbaai aan die suidkus van Alaska, VSA | |
Klankopname te Yellowstone- Nas. Park | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Haliaeetus |
Spesie: | H. leucocephalus |
Binomiale naam | |
Haliaeetus leucocephalus (Linnaeus, 1766) | |
![]() | |
verspreiding
██ broeiende standvoël ██ broeiende somerbesoeker ██ oorwinteringsgebied ██ deurgangsgebied Ster: swerwers |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.