genus van plante From Wikipedia, the free encyclopedia
Aloidendron (boomaalwyne) is 'n genus wat deel is van die familie Asphodelaceae (aalwynfamilie) en is geskep om voorsiening te maak vir die boomaalwyne, al die spesies was voorheen deel van die genus Aloe. Daar is tans sewe spesies wat tot die genus hoort. Die genus is in 2013 geskep.[1]
Boomaalwyne | |
---|---|
Aloidendron dichotomum | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | Monocots |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Aloidendron (A.Berger) Klopper & Gideon F.Sm. |
Spesies | |
Sien teks. | |
Voorkoms van boomaalwyne in Suider-Afrika |
Filogeniese studies het getoon dat verskeie spesies wat tradisioneel deel was van die genus Aloe egter geneties verskil van Aloe en vorm 'n aparte klade. In 2013 was hulle geskuif na Aloidendron en dit is in 2014 bevestig deur Manning et al.[2]
Vanaf Oktober 2017 aanvaar die World Checklist of Selected Plant Families die volgende spesies:
Beeld | Taksonomiese naam | Verspreiding |
---|---|---|
Aloidendron barberae (Dyer) Klopper & Gideon F.Sm. | Oos-Kaap tot by Transkei, KwaZulu-Natal, Eswatini en Mpumalanga; en noordwaarts tot by Mosambiek en Oos-Afrika. | |
Aloidendron dichotomum (Masson) Klopper & Gideon F.Sm. | Noord van Keetmanshoop, in Namibië. Noord-Kaap by Gannabos. | |
Aloidendron eminens (Reynolds & P.R.O.Bally) Klopper & Gideon F.Sm. | Noordelike gebied om Erigavo, Somalië. | |
Aloidendron pillansii (L.Guthrie) Klopper & Gideon F.Sm. | Noord-Kaap en Namibië, meer spesifiek die Richtersveld. | |
Aloidendron ramosissimum (Pillans) Klopper & Gideon F.Sm. | Noord-Kaap en Namibië, meer spesifiek die Richtersveld | |
Aloidendron sabaeum (Schweinf.) Boatwr. & J.C.Manning | Saoedi Arabië en Jemen, | |
Aloidendron tongaense (van Jaarsv.) Klopper & Gideon F.Sm. | KwaZulu-Natal by die grens met Mosambiek. | |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.