Alhazen

From Wikipedia, the free encyclopedia

Alhazen

Abū ʿAlī al-Ḥasan ibn al-Ḥasan ibn al-Haytham (Arabies: أبو علي، الحسن بن الحسن بن الهيثم), dikwels genoem Ibn al-Haytham (in die Weste bekend as Alhazen of Alhacen; omstreeks 965 – omstreeks 1040) was ’n vooraanstaande Arabiese[1] wetenskaplike, wiskundige, sterrekundige, filosoof en fisikus wat bydraes gelewer het op die terreine van optika, sterrekunde, wiskunde, meteorologie, visuele persepsie en wetenskaplike metodiek.

Kitsfeite Geboortenaam, Gebore ...
Ibn al-Haytham ("Alhazen")
Thumb
Geboortenaam Abū ʿAlī al-Ḥasan ibn al-Ḥasan ibn al-Haytham
Gebore Omstreeks (965-07-01)1 Julie 965
Basra, nou in Irak
Oorlede Omstreeks 6 Maart 1040 (op 74)
Kaïro, Egipte
Vakgebied Optika
Sterrekunde
Wiskunde
Sluit

In die Middeleeuse Europa was sy bynaam Ptolemeus Secundus ("Ptolemeus die Tweede")[2] of bloot "Die Fisikus".[3]

Volgens een weergawe van sy biografie[4] het al-Haytham geglo hy kan oorstromings van die Nyl met die toepassing van sy wiskundekennis voorkom. Nadat Al-Hakim bi-Amr Allah, die sesde heerser van die Fatimidiese Kalifaat, hom opdrag gegee het om dit te doen, het hy besef dit is nie moontlik nie. Hy het vir sy lewe gevrees en voorgegee hy is kranksinnig.[5][6] Hy is toe in huisarres geplaas. Ná Al-Hakim se dood kon hy bewys dat hy nie kranksinnig is nie, en hy het vir die res van sy lewe geld gemaak deur wiskundewerke te skryf en klas te gee.[7]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.