Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Agilisaurus was ’n genus ornitiskium-dinosourusse van die Middel-Jura-periode wat voorgekom het in wat nou Oos-Asië is. Die naam is afgelei van die Latynse woord agilis, wat "rats" beteken, en verwys na sy moontlike ratsheid vanweë sy lang bene en ligte skelet. Die onderbene was langer as die bobene, wat daarop dui dat die dier ’n uiters vinnige tweepotige hardloper was. Hy het waarskynlik sy stert vir balans gebruik en moontlik op al vier pote geloop wanneer hy kos soek. Hy was ’n klein plantvreter van sowat 1,2 m lank en nes alle ornitiskiums het hy ’n snawelagtige bek gehad om plantmateriaal mee af te byt.
Agilisaurus | |
---|---|
Die skelet van ’n agilisourus (regs) in die Zigong-museum in China. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | †Neornithischia |
Genus: | †Agilisaurus (Peng, 1990) |
Binomiale naam | |
†Agilisaurus louderbacki | |
Agilisaurus | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||||
| ||||||||||||||
Daar is net een spesie met ’n naam: A. louderbacki, wat genoem is na dr. George Louderback, ’n Amerikaanse geoloog wat dinosourusfossiele uit die provinsie Sichuan in China in 1915 die eerste keer herken het. Net een volledige skelet van A. louderbacki is bekend, en dit is een van die volledigstes van ’n klein ornitiskium wat al gevind is.
Die skelet is ontdek tydens die bou van die Zigong-dinosourusmudeum, waarin dit nou uitgestal word. In dié museum is talle dinosourusse te sien wat buite die stad Zigong in Sichuan gevind is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.