From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Abell-katalogus is ’n katalogus van 4 073 ryk sterrestelselswerms in die hele lugruim met ’n nominale rooiverskuiwing van z <= 0,2. Dit is ’n hersiene weergawe van George Abell se oorspronklike Noordelike Opname van 1958, wat net 2 712 swerms bevat het. Nog 1 361 swerms in die suidelike deel van die lugruim – die Suidelike Opname van 1989 – is bygevoeg.
Die oorspronklike katalogus van 2 712 sterrestelselswerms is in 1958 deur George O. Abell (1927–'83) gepubliseer. Hy het toe aan die Kaliforniese Instituut vir Tegnologie studeer. Die katalogus, wat deel was van Abell se Ph.D.-tesis, is opgestel deur die rooi 103a-E-plate van die Palomar-lugopname (POSS) te bestudeer; Abell was een van die belangrikste waarnemers daarvan.
Om in die katalogus opgeneem te word, moes ’n swerm aan vier kriteria voldoen:
Die swerms is gerangskik volgens toenemende regte klimming. Ekwatoriale koördinate (regte klimming en deklinasie) word aangegee vir die epog van 1855 en galaktiese koördinate vir 1900.
Die volgende is ook vir elke swerm aangedui:
Die 1958-katalogus het net die deel van die lugruim noord van deklinasie –27° gedek (dit was die oorspronklike grens van die POSS). Om daarvoor te vergoed is die katalogus later hersien en aangepas met die bykomende Suidelike Opname van sterrestelselswerms in dié deel van die suidelike lugruim wat voorheen nie gedek is nie.
Daarmee is nog 1 361 swerms bygevoeg. Die diep IIIa-J-plate van die Suidelike Lugopname (SSS) is daarvoor gebruik. Dié fotografiese plate is in die 1970's vanaf Australië geneem. Abell het in 1976 in Edinburg met sy nuwe opname begin. Daar het hy die hulp van Harold G. Corwin van die Universiteit van Edinburg ingeroep. Dié het aan die katalogus gewerk tot in 1981, toe hy by die universiteit weg is. ’n Voorlopige verslag is in 1983 voltooi, sowat ’n maand voor Abell se dood. Die katalogus is deur Ronald P. Olowin van die Universiteit van Oklahoma voltooi en in 1989 gepubliseer.
Die oorspronklike kriteria en klassifikasie is behou, hoewel die afstandsgroep ingedeel is volgens rooiverskuiwing eerder as magnitude. In die Suidelike Opname is Abell se oorspronklike naamgewing behou, met nommers van 2713 tot 4076. (Daar is drie gedupliseerde inskrywings: A3208 = A3207, A3833 = A3832 en A3897 = A2462.) Die ekwatoriale koördinate word aangegee vir die epog van 1950 en 2000, en die galaktiese koördinate is bereken van 1950 se ekwatoriale koördinate af.
Abell se oorspronklike, hersiene katalogus is in die 1989-dokument bygevoeg, asook die Abell-byvoegsel, ’n katalogus met nog 1 174 swerms van die Suidelike Opname wat te ver of te dof was om in die hoofkatalogus opgeneem te word.
Die standaardformaat wat vir Abell se sterrestelselswerms gebruik word, is Abell X, waar X = 1 tot 4076. Voorbeeld: Abell 1656.
Alternatiewe formate sluit in ABCG 1656; AC 1656; ACO 1656; A 1656 en A1656. Abell self het laasgenoemde verkies, maar in afgelope jare het ACO 1656 die verkose formaat geword onder professionele sterrekundiges en dit word aanbeveel deur die Centre de Données astronomiques de Strasbourg.
van die interessantse swerms in die Abell-katalogus is:
Sowat 10% van Abell se sterrestelselswerms met ’n rooiverskuiwing van z < 0,1 is nie regtig ryk swerms nie, maar eerder die gevolg van die superposisie van yler groepe. Interessant is dat die baie groot en ryk Virgo-sterrestelselswerm uit die katalogus gelaat is omdat dit te groot is om op een fotografiese plaat in te pas.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.