jaarlike gebeurtenis From Wikipedia, the free encyclopedia
Aardedag is 'n jaarlikse gebeurtenis wat gevier word op 22 April. Op hierdie dag word daar wêreldwyd geleenthede aangebied om ondersteuning vir die beskerming van die omgewing te werf. Dit was die eerste keer in 1970 gevier en word nou gekoördineer deur die Earth Day Network[1] en word elke jaar in meer as 193 lande gevier.[2]
Vir Aardedag 2016 is die belangrike Parys-ooreenkoms geskeduleer om onderteken te word deur die Verenigde State van Amerika, Sjina asook 120 ander lande.[3][4] Hierdie ondertekening voldoen aan 'n belangrike vereiste vir die inwerkingtreding van die historiese konsep klimaatverdrag wat deur konsensus aanvaar is deur die 195 nasies wat teenwoordig was by die 2015 Verenigde Nasies Klimaatsveranderingkonferensie in Parys.
In 1969 tydens 'n UNESCO Konferensie in San Francisco, het vredesaktivis John McConnell voorgestel dat 'n dag tot eer van die Aarde en die konsep van vrede gehou moes word; wat gevier sou word op die eerste dag van die lente in die noordelike halfrond, 21 Maart 1970. Hierdie dag van die natuur se ewewig is later goedgekeur in 'n proklamasie geskryf deur McConnell en onderteken deur die Sekretaris-Generaal, U Thant, by die Verenigde Nasies. 'n Maand later is 'n aparte Aardedag gestig deur die Verenigde State Senator Gaylord Nelson as 'n omgewingstudie wat vir die eerste keer gehou is op 22 April 1970. Nelson het later die Presidential Medal of Freedom ontvang as erkenning vir sy werk.[5] Terwyl hierdie Aardedag gefokus was op die Verenigde State van Amerika, is daar ook 'n organisasie gestig deur Denis Hayes, wat die oorspronklike nasionale koördineerder in 1970 was, wat die dag internasionaal gemaak het in 1990 en georganiseerde byeenkomste in 141 nasies aangebied het.[6][7] Talle gemeenskappe vier Aardeweek wanneer al die aktiwiteite gefokus is op die omgewingskwessies wat die wêreld in die gesig staar.
Die eerste Aardedag-vieringe het plaasgevind in twee duisend kolleges en universiteite, ongeveer tien duisend primêre en-sekondêre skole en honderde gemeenskappe in die Verenigde State van Amerika. Meer belangrik het dit 20 miljoen Amerikaners in die lenteson uitgebring vir vreedsame betogings in die guns van omgewingshervorming."[8] Dit word nou gehandhaaf in 192 lande en word gekoördineer deur die nie-winsgewende Earth Day Network, onder voorsitterskap van die eerste Aardedag organiseerder, Denis Hayes, volgens wie die Aardedag nou "die grootste sekulêre vakansiedag in die wêreld is en gevier word deur meer as 'n miljard mense elke jaar."[9] Omgewingsgroepe probeer om Aardedag as 'n dag van aksie daar te stel om menslike gedrag te verander en beleidsverandering uit te lok.[10]
Gedurende Aardedag 1970 is daar weens bepaalde aannames aangaande die voortgesette eksponensiële jaarlikse bevolkingsgroei van 2% of meer[11] en die onveranderde of verhoogde klimaatimpak per persoon, die volgende voorspellings gemaak:[12]
Met die mobilisering van 200 miljoen mense in 141-lande en die verheffing van omgewingskwessies tot die wêreldverhoog, het Aardedag aktiwiteite in 1990 'n groot hupstoot gegee aan wêreldwye herwinningspogings en het gehelp om die weg te baan vir die 1992 Verenigde Nasies Aardeberaad in Rio de Janeiro. In teenstelling met die eerste Aardedag in 1970, was hierdie 20ste herdenking aangevoer met sterker bemarking, groter toegang tot televisie en radio asook multimiljoen-dollar begrotings.[13]
Aardedag 2000 het die ambisieuse gees van die eerste Aardedag gekombineer met die internasionale voetsoolvlak-aktivisme van Aardedag 1990. Hierdie was die eerste jaar wat die Internet hoofsaaklik gebruik is om dit te organiseer en was van onskatbare waarde op nasionale sowel as internasionale vlak. Kelly Evans,'n professionele politieke organiseerder, het as die uitvoerende direkteur gedien van die 2000 veldtog. Die gebeurtenis het uiteindelik meer as 5,000 omgewingsgroepe buite die Verenigde State gewerf en honderde miljoene mense bereik in 'n onoortroffe 183 lande.[14] Leonardo DiCaprio was die gasheer by die geleentheid.[14]
Om Aardedag te omskep in 'n volhoubare jaarlikse gebeurtenis, eerder as een wat net elke 10 jaar plaasvind, het Nelson en Bruce Anderson – die twee hooforganiseerders van New Hampshire 1990 – Aardedag VSA geskep. Hul kon bou op die momentum wat geskep is deur duisende gemeenskapsorganiseerders regoor die wêreld. Aardedag VSA het die daaropvolgende vyf Aardevieringe gekoördineer tot 1995, insluitend die bekendstelling van EarthDay.org. Na afloop van die 25ste herdenking in 1995, is die koördinering oorhandig aan Earth Day Network.
Aardedag 2007 was een van die grootste Aardedae tot op datum, met baie mense wat deelgeneem het aan die aktiwiteite in duisende plekke insluitend Kiev, Oekraïne; Caracas, Venezuela; Tuvalu; Manila, Filippyne; Togo; Madrid, Spanje; Londen; en New York.
Die ewenings Aardedag word gevier op die Maart Dag-en-nag-ewening (20 Maart) om die presiese oomblik aan te dui van die astronomiese lente in die Noordelike Halfrond en astronomiese herfs in die Suidelike Halfrond. 'n Dag-en-nag-ewening in sterrekunde is die punt in tyd (nie 'n hele dag nie) wanneer die son direk bo die Aarde se ewenaar is; dit vind plaas rondom 20 Maart en 23 September elke jaar. In die meeste kulture word die eweninge en sonkeerpunte beskou as die begin van seisoene of die skeiding tussen seisoene.
John McConnell[15] het die eerste keer die idee geopper van 'n globale vakansie genaamd "Aardedag" by die 1969 UNESCO – Konferensie oor die Omgewing. Die eerste Aardedag proklamasie was uitgereik deur die San Francisco burgemeester Josef Alioto op 21 Maart 1970. Die VN se Sekretaris-generaal, U Thant, het McConnell se wêreldwye inisiatief ondersteun om hierdie jaarlikse gebeurtenis te vier. Op 26 Februarie 1971 het hy 'n verklaring tot daardie effek onderteken wat lui:
"May there be only peaceful and cheerful Earth Days to come for our beautiful Spaceship Earth as it continues to spin and circle in frigid space with its warm and fragile cargo of animate life."[16]
Op die oomblik van die ekwinoks is dit tradisie om Aardedag te gedenk met die lui van die Japannese Vredesklok, wat deur Japan geskenk is aan die Verenigde Nasies.[17] Oor die jare het talle vieringe wêreldwyd plaasgevind in verskeie plekke op dieselfde tyd as die VN feesvieringe. Op 20 Maart 2008 is daar bykomend tot die seremonie by die Verenigde Nasies ook seremonies gehou in Nieu-Seeland; die klokke is gelui in Kalifornië, Wene, Parys, Litaue, Tokio en baie ander plekke. Die ekwinoks Aardedag by die VN word georganiseer deur die Earth Society Foundation.[18]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.