Die 12de eeu v.C. het geduur van 1200 tot 1101 v.C.
Mure van die stad Troje wat uitgegrawe is.
1194 v.C.: Die begin van die legendariese Trojaanse Oorlog .
1191 v.C.: Menestheus , die legendariese koning van Athene , sterf ná ’n bewind van 23 jaar tydens die Trojaanse Oorlog en word opgevolg deur sy nefie Demophon , ’n seun van Theseus .
1186 v.C.: Einde van die 19de Dinastie van Egipte . Die begin van die 20ste Dinastie .
24 April – 1184 v.C. : Die tradisionele datum vir die val van Troje en die einde van die Trojaanse Oorlog in die Griekse mitologie .
16 April – 1178 v.C. : ’n Sonsverduistering dui die terugkeer aan van Odusseus , die legendariese koning van Ithaca, na sy koninkryk ná die Trojaanse Oorlog.
1160 v.C.: Farao Ramses V sterf.
1159 v.C.: Die Hekla 3-uitbarsting lui ’n 18 jaar lange periode van slegte klimaatstoestande in.
Omstreeks 1154 v.C.: Koning Menelaus van Sparta sterf.
Omstreeks 1154 v.C.: Die dood van die verbanne koningin Helena van Sparta by Rhodos .
Omstreeks 1150 v.C.: Die einde van Egiptiese heerskappy in Palestina.
1147 v.C.: Demophon van Athene sterf ná ’n bewind van 33 jaar en word opgevolg deur sy seun Oxyntes .
1137 v.C.: Ramses VII begin sy bewind as die sesde heerser van die 20ste Dinastie van Egipte .
1135 v.C.: Oxyntes van Athene sterf ná ’n bewind van 12 jaar en word opgevolg deur sy seun Apheidas .
1134 v.C.: Apheidas van Athene sterf ná ’n bewind van ’n jaar in ’n sluipmoordaanval en word opgevolg deur sy jonger broer Thymoetes .
1126 v.C.: Thymoetes van Athene sterf ná ’n bewind van agt jaar en word opgevolg deur Melanthus .
1122 v.C.: Legendariese stigtingsdatum van die stad Pyongyang .
Omstreeks 1120 v.C.: Die vernietiging van Troje VIIb1 .
1115 v.C.: Tiglath-Pileser I word koning van Assirië .
Omstreeks 1100 v.C.: Egipte se Nuwe Ryk kom tot ’n einde.
Meer inligting << 13de eeu v.C., 11de eeu v.C. >> ...
Sluit