Die 12de eeu v.C. het geduur van 1200 tot 1101 v.C.

Thumb
Mure van die stad Troje wat uitgegrawe is.

Gebeure

  • 1194 v.C.: Die begin van die legendariese Trojaanse Oorlog.
  • 1191 v.C.: Menestheus, die legendariese koning van Athene, sterf ná ’n bewind van 23 jaar tydens die Trojaanse Oorlog en word opgevolg deur sy nefie Demophon, ’n seun van Theseus.
  • 1186 v.C.: Einde van die 19de Dinastie van Egipte. Die begin van die 20ste Dinastie.
  • 24 April1184 v.C.: Die tradisionele datum vir die val van Troje en die einde van die Trojaanse Oorlog in die Griekse mitologie.
  • 16 April1178 v.C.: ’n Sonsverduistering dui die terugkeer aan van Odusseus, die legendariese koning van Ithaca, na sy koninkryk ná die Trojaanse Oorlog.
  • 1160 v.C.: Farao Ramses V sterf.
  • 1159 v.C.: Die Hekla 3-uitbarsting lui ’n 18 jaar lange periode van slegte klimaatstoestande in.
  • Omstreeks 1154 v.C.: Koning Menelaus van Sparta sterf.
  • Omstreeks 1154 v.C.: Die dood van die verbanne koningin Helena van Sparta by Rhodos.
  • Omstreeks 1150 v.C.: Die einde van Egiptiese heerskappy in Palestina.
  • 1147 v.C.: Demophon van Athene sterf ná ’n bewind van 33 jaar en word opgevolg deur sy seun Oxyntes.
  • 1137 v.C.: Ramses VII begin sy bewind as die sesde heerser van die 20ste Dinastie van Egipte.
  • 1135 v.C.: Oxyntes van Athene sterf ná ’n bewind van 12 jaar en word opgevolg deur sy seun Apheidas.
  • 1134 v.C.: Apheidas van Athene sterf ná ’n bewind van ’n jaar in ’n sluipmoordaanval en word opgevolg deur sy jonger broer Thymoetes.
  • 1126 v.C.: Thymoetes van Athene sterf ná ’n bewind van agt jaar en word opgevolg deur Melanthus.
  • 1122 v.C.: Legendariese stigtingsdatum van die stad Pyongyang.
  • Omstreeks 1120 v.C.: Die vernietiging van Troje VIIb1.
  • 1115 v.C.: Tiglath-Pileser I word koning van Assirië.
  • Omstreeks 1100 v.C.: Egipte se Nuwe Ryk kom tot ’n einde.

Dekades en jare

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.