From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Xian Y-7 (Chinees: 运-7, Pinyin: Yùn-qī) is 'n ligte passasiersvliegtuig wat in China gebou word.[1] Dit is gebaseer op die Sowjet-ontwerpte Antonof An-24-reeks.[2]
China het die Antonof An-24 reeds vroeg in sy produksieloop ingevoer en ook lisensies vir die vervaardiging van die vliegtuie en sy enjins beding. In 1966 het die Xi'an-vliegtuigfabriek met die plaaslike produksieprojek van die An-24 begin. Die eerste An-24T wat deur die Chinese saamgestel is, het op 25 Desember 1970 sy nooiensvlug onderneem. Die produksie is in 1977 geloods by die Xi'an-vliegtuigfabriek, maar die vordering was stadig weens die nadelige gevolge van die Kulturele Rewolusie, met 'n voorproduksievliegtuig wat op 17 April 1982 aan die publiek by die Nanyuan-lugbasis naby Beijing vertoon is. Die Dongan WJ-5A1 turboskroefenjin is as die Y-7 se kragbron gekies. Die eerste produksievliegtuig het eers in Februarie 1984 gevlieg, wat 'n aanduiding is van die stadige vordering (agtien jaar van lisensie tot produksie).[2]
Die Chinese vliegtuie is gelykgestel aan die An-24RV met 'n volledige stel vensters en die aanjaerstraalenjin. Die grootste deel van die vroeë aflewerings is aan die Lugmag van die Volksbevrydingsleër (People's Liberation Army Air Force [PLAAF]) gelewer, meestal vir vervoer, met 'n paar in 52-sitplek-lugrederykonfigurasie vir die Civil Aviation Administration of China (CAAC). Na die aanvanklike gelisensieerde produksieloop, is die Y-7 apart van die An-24 ontwikkel met 'n reeks opgraderings wat uitloop op die Xian MA60 (Modern Ark)-reeks.[2]
'n Taktiese vervoer-afgeleide is vanaf die Antonof An-26 gekopieër, sonder lisensie, en het na vore getree as die Y-7H, volledig met die vragluikdeur en militêre toerusting van die An-26.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.