Wüstiet
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wüstiet is 'n mineraal. Dit is 'n ysteroksied met formule FeO. Dit is vernoem na die Duitse geoloog en paleontoloog Ewald Wüst (1875-1934).
Wüstiet | |
---|---|
Wüstite (swart) met goethiet (bruin) | |
Kleur | swart |
Glans | metallies |
Hardheid | 5 - 5,5 (Mohs) |
Ruimtegroep | Fm3m |
Strukturbericht-kode | B1 |
Nommer | 225 |
Eenheidsel | a = 4.296 Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
As mineraal is dit taamlik seldsaam. Dit word in bepaalde meteoriete aangetref of anders het die mens dit meesal veroorsaak, byvoorbeeld in slakke. [1]
Die ideale FeO-struktuur is die haliet-struktuur (NaCl), maar dit is, altans onder drukke <10 GPa nie stabiel nie, . Onder 576 °C is dit ook 'n metastabiele fase wat ekssolusie (fase-uitskeiding) kan ondergaan in Fe en magnetiet.
Wüstiet wat as mineraal aangetref word, is nie-stoigiometriese Fe1-xO en bevat daarom nie net Fe2+-ione is sy rooster nie. (Wat bo 576 °C stabiel word is Fe0.94O pleks van FeO). Die mineraal het 'n ingewikkelde defek-ordening. Die suurstofatome vorm 'n kubiese digpakking en soos in die geval van maghemiet is daar oktaëderholtes [ ]; en tetraëderholtes ( ) gevul. Indien leë holtes (defekte) met □ genoteer word kan die struktuur weergegee word as [Fe2+1-3xFe3+2x-t□x+t](Fe3+t) waar 0.04<x<0,12 en 2,0<(x+t)/t<4,5 Merk op dat in ideale NaCl-struktuur alle oktaëderholtes alleenlik en geen van die tetraëderholtes gevul is nie. Watter ordening dit presies het hang af van die samestelling en die temperatuurgeskiedenis omdat daar korte-afstandsordening kan optree (klustering). [2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.