slangspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Die wipneuskobra (Naja annulifera) is 'n slangspesie, met gevaarlike neurotoksiese gif wat die dood kan veroorsaak. Hulle is gelerig, bruinerig, gryserig, blou en swart. Sommige, veral mannetjies, het bande oor die hele liggaam. Die gemiddelde lengte van die slang is 1,2 tot 1,9 meter, maar wipneuskobras van so lank as 2,6 m is al opgemerk.
Wipneuskobra | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | Naja |
Spesie: | N. annulifera |
Binomiale naam | |
Naja annulifera Peters, 1854 | |
verspreiding |
Hulle kom meestal voor in droë maar bedompige areas. Hierdie kobra is een van die grootste kobras in Afrika. Hulle lê 9 tot 3 eiers in die vroeë somer. Hulle natuurlike vyande is voëls en ander slange. Hulle eet meestal soogdiere en paddas of akkedisse. Die wipneuskobra hou daarvan om in die son te lê en bak.
Dit word aanbeveel om 'n veilige afstand van die slang in die natuur te handhaaf. Hulle staan bak as hulle bedreig voel en pik na die grond. Hulle is egter bang vir mense en byte is skaars. Die meeste mense word op die kuite of op die hande gepik wanneer hulle die slang probeer doodmaak. Hierdie slang is nie aan te durf deur iemand wat onervare is nie. 'n Persoon wat gepik word, moet so vinnig as moontlik in 'n hospitaal opgeneem word, om aan 'n hart-en-long masjien gekoppel te word. Met ontslag uit die hospitaal word steroïede-pille soms voorgeskryf om die vel te laat teruggroei, maar dié behandeling is omstrede.[1] Die bytplek moet deurentyd skoongehou word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.