From Wikipedia, the free encyclopedia
Westerhout 40 is ’n stervormende gebied in die Melkweg, in die sterrebeeld Slang se Serpens Cauda-deel. Op ’n afstand van 1 600 ligjare is dit een van die naaste streke aan die Sonnestelsel wat Klas O- en Klas B-tipe sterre vorm. Dit word egter grootliks verberg deur sy enorme molekulêre wolk en kan nie maklik in sigbare golflengtes van lig waargeneem word nie.[2][6] Die geïoniseerde gas van die OB-sterre met hul groot massa het ’n H II-gebied geskep[7] met ’n uurglasvorm.[8]
Westerhout 40 | ||||
Blou: X-straal (Chandra ACIS); groen: 5,8 µm (Spitzer); rooi: 8,0 µm (Spitzer) | ||||
Soort stelsel | H II-gebied | |||
Sterrebeeld | Slang | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18h 31m 29s | |||
Deklinasie | -02° 05.4′ | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 1 600[1][2][3] | |||
Ouderdom (jaar) | 0,8–1,5 miljoen[4] | |||
Skynbare grootte | 8 boogminute | |||
Ander name | W 40, Sh2-64, RCW 174, "Aquila"-stervormingsgebied[5] | |||
|
Soos alle stervormende gebiede bestaan Westerhout 40 uit verskillende komponente: die swerm nuwe sterre en die gasagtige materiaal waaruit hierdie sterre gevorm word (die interstellêre medium).
Die meeste van die gas is in die vorm van molekulêre wolke – die koudste en digste stadium van die interstellêre medium wat hoofsaaklik uit molekulêre waterstof (H2) bestaan.
’n Oop swerm van jong sterre lê in die middel van die H II-gebied; dit bevat sowat 520 sterre.[2][9] Dié in die middel van die sterreswerm is omtrent 0,8 miljoen jaar oud, terwyl dié aan die buitekant effens ouer is: omtrent 1,5 miljoen jaar.[4] Die swerm is rofweg sferies simmetries, met die swaarder sterre nader aan die middel.[2]
Die wolk word geïoniseer deur verskeie Klas O- en Klas B-sterre.[3] Naby-infrarooi-spektroskopie het een laat O-tipe ster (IRS 1A Suid) en drie vroeë B-tipe sterre (IRS 2B, IRS 3A en IRS 5) geïdentifiseer. Daarby is IRS 1A Noord en IRS 2A Herbig Ae/Be-sterre.[1] Radio-uitstralings van verskeie van die sterre is waargeneem en kan ’n aanduiding wees van ultra-kompakte H II-gebiede.[10]
Oortollige lig in die infrarooi dui daarop dat ’n aantal sterre in die swerm ringe omhet, wat besig kan wees om planete te vorm.[2] Nege Klas 0-protosterre in die suidelike deel van die Slang is waargeneem asook drie Klas 0-protosterre in W 40,[11] wat die mening steun dat die gebied baie jonk is en aktief sterre vorm.
W 40 lê in ’n molekulêre wolk met ’n geraamde massa van 1×104 M☉ (sonmassas).[8] Die kern van die wolk het die vorm van ’n skaapwagter se staf en vorm tans nuwe sterre.[11][14] Die swerm van OB- en pre-hoofreekssterre lê net oos van die kromming in hierdie filament. Danksy die meting van radiolig wat deur koolstofmonoksied geskep word, is die massa van die kern geraam op 200–300 M☉. Daar is ’n swak, bipolêre uitvloei van gas uit die kern wat waarskynlik van ’n jong stervoorwerp afkomstig is.[15]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.