Wawielsterrestelsel
sterrestelsel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wawielsterrestelsel (ook bekend as ESO 350-40 of PGC 2248) is 'n ring- en lensvormige sterrestelsel sowat 500 miljoen ligjare van die Son af in die sterrebeeld Beeldhouer.[1] Dit het 'n deursnee van omtrent 144 300 ligjare en 'n massa van sowat 2,9-4,8 × 109 sonmassas. Sy buitenste ring het 'n sirkulêre snelheid van omtrent 217 km/s.[3] Die stelsel het waarskynlik uit 'n botsing ontstaan.
Wawielsterrestelsel | ||||
Die Wawielsterrestelsel, soos gesien deur die James Webb-ruimteteleskoop.[1] | ||||
Tipe | S pec (ring)[2] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 00h 37m 41.1s[2] | |||
Deklinasie | -33° 42′ 59″[2] | |||
Skynmagnitude | 15,2[2] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 500 miljoen | |||
Skynbare grootte | 1′,1 × 0′,9[2] 144 300 ligjare (deursnee) | |||
Rooiverskuiwing | 9 050 ± 3 km/s[2] | |||
Ander name | MCG-06-02-022a,[2] PGC 2248[2] | |||
|
Die stelsel is in 1941 deur Fritz Zwicky ontdek.[4] Volgens hom is dit "een van die ingewikkeldste strukture van sterdinamika".[4][5]
Die Wawiel is effens kleiner as die Andromeda-sterrestelsel.[6] Die groot Wawiel is die oorheersende stelsel in die groep, wat uit vier fisies gebonde spiraalsterrestelsels bestaan. Die drie ander stelsels word in verskeie studies genoem G1 (die kleiner, onreëlmatige blou spiraal), G2 (die kompakte geel stelsel met 'n getystert) en G3 ('n spiraalstelsel verder weg wat dikwels op wyeveldfoto's gesien word.
'n Tipe 2-supernova in die Wawielsterrestelsel is in November 2021 ontdek.[7][8]