Vrou (speelkaart)
speelkaart / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vrou, dame of koningin is 'n speelkaart met die beeld van 'n koningin op. In Franse speelkaarte is die rang van 'n vrou tussen dié van die heer of koning en die boer. In tarotkaarte is dit bo die rang van 'n ridder, wat weer bo dié van 'n boer is. In die Spaanse en sommige Italiaanse kaartpakke kom die vrou nie voor nie, maar wel die ridder – met dieselfde rang.
In die Paryse patroon word elke prentkaart geïdentifiseer met 'n spesifieke historiese of mitologiese figuur:[1][2]