From Wikipedia, the free encyclopedia
Franse speelkaarte is speelkaarte wat die Franse kleure of stelle trèfles (klawers ), carreaux (ruitens of diamante ), cœurs (hartens ) en piques (skoppens ) gebruik. Elke stel bevat drie of vier hof- of gesigkaarte. In 'n standaardpak van 52 kaarte is daar die valet (boer), die dame (vrou, dame of koningin) en die roi (heer of koning).
In pakke tarotkaarte is daar ook 'n cavalier (kavalier) met 'n rang van tussen dié van die vrou en boer.
Kaarte kan ook 'n groot verskeidenheid streek- en nasionale patrone insluit. Dié kaarte kan ook in grootte wissel. In vergelyking met Spaanse, Italiaanse, Duitse en Switserse kaarte is Franse kaarte die algemeenste vanweë die geopolitieke, kommersiële en kulturele invloed van Frankryk, Brittanje en die VSA in die 19de en 20ste eeu. 'n Ander rede vir hulle gewidheid is die eenvoud van die simbole, wat massaproduksie vergemaklik.
Die Engelse patroon van die Franse speelkaarte is so algemeen dat dit ook bekend is as die internasionale of Anglo-Amerikaanse patroon.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.