Vodacombeker
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Vodacombeker was ’n rugbykompetisie wat van 1998 tot 2015 elke jaar tussen Februarie en Mei in Suid-Afrika gespeel is. Die kompetisie was die derde mees prestigeryke rugbykompetisie in Suid-Afrika, naas Superrugby en die Curriebeker. Dit het oorvleuel met die Superrugbyreeks en geleentheid gebied vir jonger en minder ervare spelers om te ontwikkel. Dit kompetisie is sedert 1998 elke jaar deur Vodacom geborg. Dit is in 2017 deur die Rugby-uitdaagreeks vervang.
Vodacombeker | |
' | |
![]() | |
Die Vodacombeker se kenteken | |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 1998 |
Gestaak | 2015 |
Vervang met | Rugby-uitdaagreeks |
Eienaar | Suid-Afrikaanse Rugbyunie |
Inwydingseisoen | 1998 |
Deelnemende lande | ![]() ![]() ![]() ![]() |
Aantal spanne | 16 |
Mees onlangse kampioen | Pumas (2015) |
Verwante kompetisies | Curriebeker |
Borg(e) | Vodacom |
Die kompetisie was oop vir die veertien Suid-Afrikaanse rugbyunies, maar spanne van buite Suid-Afrika is ook uitgenooi om deel te neem. Die Welwitschias van Namibië het tussen 1999 en 2001 asook in 2010 en 2011 deelgeneem. Die Pampas XV van Argentinië het vanaf 2010 deelgeneem.[1][2] Limpopo, wat normaalweg deel van die Blou Bulle vorm, het ook in 2013 as ’n afsonderlike span deelgeneem.