From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Tsjad is op 6 November 1959 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale driekleur in ewe wye bane in (van vlagpaalkant) blou, geel en rooi.
Gebruik | Nasionale vlag |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 6 November 1959 |
Ontwerp | ’n Vertikale driekleur in blou, geel en rooi. |
Die kleure op die vlag van Tsjad stel elk iets anders voor: blou stel die lug en die waters in die suide voor, geel stel die son en die woestyn in die noorde voor en rooi stel die heldhaftigheid in die stryd om nasionale bevryding voor.[1]
Die vlag van Tsjad is gebaseer op die vlag van Frankryk en is ’n kombinasie van die kleure van die Franse vlag (rooi, wit en blou) en die Pan-Afrika kleure (rooi, geel en groen). Die vlag is presies dieselfde as die vlag van Roemenië.
Die kleurskema word hieronder gelys:
Blou | Goud | Rooi | |
---|---|---|---|
RGB | 0-32-91 | 252-205-0 | 200-16-46 |
Heksadesimaal | #00205B | #FFCD00 | #C8102E |