Vlag van Mali
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Mali is op 1 Maart 1961 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n driekleur met drie ewe wye vertikale bane in groen (vlagpaalkant), geel (middel) en rooi (wapperkant). Die kleure is ook die Pan-Afrika kleure.
Simboliek
Die drie kleure het die volgende simboliese betekenis: groen stel die natuur en landbou voor, geel stel die goudvelde van Mali voor en rooi simboliseer die opofferings wat gemaak is ter wille van onafhanklikheid. Die vlag van Guinee vertoon ook hierdie kleure maar in omgekeerde volgorde.
Ontwerp
Die huidige vlag is op 1 Maart 1961 aanvaar. Die oorspronklike vlag is op 4 April 1959 aanvaar toe Mali (saam met Senegal) by die Mali-Federasie aangesluit het. Die vroeëre vlag was dieselfde, behalwe dat die geel baan ’n swart stokmannetjie, kanaga, met arms opgehef na die hemel gehad het. Nadat Senegal die federasie verlaat het, het hulle die kanaga vervang met ’n groen ster. In 1961 het Mali ook die kanaga van die vlag verwyder maar het dit nie vervang nie, waarskynlik omdat die Moslems (90% van die bevolking) dit nie toelaat dat ’n menslike figuur op die nasionale vlag uitgebeeld word nie.
Ander vlae
Vorige vlae
Vlag van Frans-Soedan, 1920 tot 1959
Vlag van die Mali-Federasie, 4 April 1959 tot 1 Maart 1961
Vlag van Azawad, 6 April 2012 tot 14 Februarie 2013
Sien ook
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Mali. |
- (en) Mali by Flags of the World.
- (en) "Flag of Mali". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 Maart 2020.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.