Vlag van Koerdistan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vlag van Koerdistan (Koerdies: ئاڵای کوردستان, Alaya Rengîn, letterlik: "kleurvolle vlag") word deur die Koerde gebruik as ’n simbool vir hul strewe na onafhanklikheid.[2][3][4] Dit is die amptelike vlag van die outonome streek Koerdistan in Irak.[5] Dit is die etniese vlag van die Koerdiese volk en word as sulks deur hulle in alle streke van hul tuisgebied, Koerdistan, erken. Die vlag was in soortgelyke vorms die amptelike staatsvlag van die Republiek Ararat (1927–1930) en die Republiek Mahabad (1946–1947).
Kitsfeite Bynaam, Gebruik ...
Bynaam | (ku) Alaya Rengîn ("kleurvolle vlag")[1] |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 1920 deur verskeie groeperings 1992 deur Irakse Koerdistan |
Ontwerp | Rooi, geel, groen en wit, met ’n son van 21 strale in die middel. |
Sluit