Virginides
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Virginides is ’n meteoorreënkompleks wat uit verskeie klein en groot strome bestaan,[1] onder meer die Alpha, Gamma,[2][3][4][5] Eta, Theta, Iota,[6] Lambda,[7] Mu, [8] Pi, Psi[9] en Maart-Virginides.[10][11] Hulle kom van laat in Januarie tot in April[1][12] of soms Mei[1] voor en hul oënskynlike uitstralingspunt is in die sterrebeeld Maagd, vandaar die naam. Hul hoogtepunt is in Maart en April,[1][12] met gemiddeld een of twee meteore per uur.[12] Die hoofuitstralingspunt skuif tydens die reën suidooswaarts van die middel van die Leeu in laat Januarie tot die middel van die Maagd in middel Mei.[13]