Die lugredery Virgin Atlantic (IATA: VS, ICAO: VIR), 'n handelsnaam van Virgin Atlantic Airways Limited, is 'n Britse lugredery met meerderheidsbesit deur sir Richard Branson se Virgin Group. Die groep besit 51% van die lugredery en Delta Air Lines van die VSA besit die oorblywende 49%. Virgin Atlantic se hoofkantoor is in Crawley, Wes-Sussex, Engeland, naby Lughawe Londen-Gatwick.

Kitsfeite IATA, ICAO ...
Virgin Atlantic
Thumb
IATA ICAO Roepteken
VS VIR VIRGIN
Gestig1984
Eerste vlug22 Junie 1984
AOC #534
Bedryfsbasisse
LojaliteitsprogramFlying Club
Vlootgrootte39
Bestemmings34
HouermaatskappyVirgin Groep
SitkamerVirgin Atlantic Clubhouse
HoofkantoorCrawley, Wes-Sussex, Engeland
Sleutelpersone
  • Craig Kreeger (HUB)[2]
  • Stephen Murphy (Voorsitter)[3]
Omset £2,90 miljard (2013)[4]
Bedryfsinkomste £-128,4 miljoen (2013)[4]
Werknemers9 600
Webwerfhttp://www.virgin-atlantic.com/
Sluit
Thumb
Boeing 747-400 van Virgin Atlantic Airways

Die lugredery is in 1984 gestig en was oorspronklik deur mede-stigters Randolph Fields en Alan Hellary beplan om vlugte tussen Londen en die Falkland-eilande te onderneem. Die paar ontmoet Richard Branson en deur onderhandelinge word die lugredery herdoop na "Virgin Atlantic". Die eerste vlug van Gatwick na Newark Liberty Internasionale Lughawe is op 22 Junie 1984 onderneem.

Virgin Atlantic maak gebruik van 'n gemengde vloot van Airbus en Boeing wyerompvliegtuie en opereer tussen die Verenigde Koninkryk, Noord-Amerika, die Karibiese eilande, Afrika, die Midde-Ooste, Asië en Australië vanaf sy belangrikste basis by Gatwick met sekondêre basisse by Lughawe Londen-Heathrow en Manchester. Die lugredery onderneem binnelandse vlugte in die Verenigde Koninkryk sedert 31 Maart 2013. Dit is administratief geskei van ander Virgin-handelsmerke.

In 2012 het Virgin Atlantic 5.4 miljoen passasiers vervoer,[5] wat dit die sewende grootste Britse lugredery in terme van passasiersvolume maak. In die jaar tot Februarie 2013, het dit 'n jaarlikse bedryfsverlies van £128.4 miljoen gelei.[6]

Virgin Atlantic Airways Limited beskik oor 'n Burgerlugvaartowerheid Tipe A-operateurslisensie wat dit toelaat om passasiers, vrag en pos te vervoer op vliegtuie met 20 of meer sitplekke.[7]

Vloot

Die vloot van Virgin Atlantic Airways in Februarie 2014:

Meer inligting Tipe, Aantal ...
Tipe Aantal Bestel Opsies Passasiers (Upper/Premium Economy/Economy)
Airbus A330-300 10 0 0 314 (0/59/255)
Airbus A340-300 4 0 0 240 (34/35/171)
Airbus A340-600 13
0 0 308 (45/38/225)
Airbus A380-800 - 6 6 Onbekend
Boeing 747-400 12 0 0 367 (44/62/261)
451 (14/58/379)
455 (14/66/375)
Boeing 787-9 0 16 8 Onbekend
Totaal 39 22 14
Sluit
'n Virgin Atlantic A340-300 vertrek van Lughawe Londen-Heathrow

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.