From Wikipedia, the free encyclopedia
Verheerliking van Jesus of Transfigurasie (Latyn: transfiguratio Domini; Grieks: μεταμόρφωσις, metamorphosis) verwys na 'n openbaringsgebeurtenis wat volgens die kanonieke evangelies drie van die twaalf Apostels beleef het, toe Jesus in 'n spesiale, getransformeerde vorm saam met die profete Moses en Elia op 'n berg verskyn het. Drie van die vier kanonieke evangelies beskryf die gebeurtenis: Matteus (17,2),[1] Markus (9,2)[2] en Lukas (9,29).[3]
Volgens dié Bybelse verhaal in die Nuwe Testament het Jesus saam met drie Apostles – Simon Petrus, Jakobus die Grote en Johannes – na 'n berg gegaan (glo Berg Tabor in Galilea[4]) om te bid. Op die berg het Jesus met helder ligstrale begin skyn. Vervolgens het die profete Moses en Elia – die wetgewing en Profesie van die ou bond verteenwoordigend – langs hom verskyn en hulle het begin praat.[5][6][7] Jesus is toe deur 'n stem in die hemel – glo dié van God – "Seun" genoem,[8][9][10] soos tydens die doop van Jesus. Die drie Apostels val geskrik op die grond. Die apostel Petrus stel voor om drie hutte te bou,[11][12][13] wat na die Joodse Soekkot verwys.
In die drie evangelies word twee verskeie tydperke vir die duur van dié gebeurtenis aangegee. Matteus (17,1)[14] en Markus (9,2)[2] noem ses dae, terwyl Lukas (9,28)[15] 'n tydperk van omtrent agt dae noem. In die Joodse kalender is twee groot herdenkings net vyf dae uitmekaar: Jom Kippoer, die groot Versoeningsdag, en Soekkot, die Loofhuttefees wat sewe dae gevier word. Op Jom Kippoer uiter die Hoëpriester van die Jode tydens 'n feestelike seremonie die naam van God – JHWH – in die Allerheiligste van die tempel. Die datering van die Verheerliking dui op die laaste dag van Soekkot.
Baie Christelike tradisies, insluitende die Oosters-Ortodokse, Rooms-Katolieke en Anglikaanse kerke, herdenk die Verheerliking van Jesus. In die Westerse kerke word die Verheerliking op 6 Augustus volgens die Gregoriaanse kalender gevier,[16] terwyl die Oosterse kerke dié gebeurtenis op 19 Augustus volgens die Juliaanse kalender herdenk. Die fees in in 1456 deur pous Callixtus III in die liturgiese kalender van die Rooms-Katolieke Kerk opgeneem, nadat op 6 Augustus dié jaar die Christelike oorwinning oor die Ottomaanse Ryk tydens die Beleg van Belgrado in Rome bekend geword het.[17]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.