From Wikipedia, the free encyclopedia
Vadim Viktorovich Repin (Russies: Вадим Викторович Репин, Russiese fonetiese uitspraak: vɐˈdʲim ˈvʲiktərəvʲɪtɕ ˈrʲepʲɪn;[1] * 31 Augustus 1971) is 'n Russiese en Belgiese violis en woon in Wene, Oostenryk.[2]
Vadim Repin | |
---|---|
Vadim Repin in 2011 | |
Gebore | Vadim Viktorovich Repin 31 Augustus 1971 Novosibirsk, Russiese Sowjet-Federale Sosialistiese Republiek, Sowjetunie |
Beroep | Klassieke violis |
Webwerf | www |
Nadat die violis Yehudi Menuhin een van Repin se opvoerings gehoor het, het hy gesê dat "Vadim Repin eenvoudig een van die beste en mees perfekte violiste is wat ek ooit aangehoor het."[2][3][4]
Repin is op 31 Augustus 1971 in Novosibirsk, Wes-Siberië gebore. Hy het in 1985 op 14-jarige ouderdom sy debuutverskynings gemaak in Tokio, München, Berlyn, Helsinki, en 'n jaar later in Carnegie Hall.
Repin het op 17 in Brussel die jongste wenner geword van die vioolafdeling van die Koningin Elisabeth Musiekkompetisie, een van die wêreld se belangrikste vioolkompetisies. Hy was deel van die beoordelingspaneel vir die vioolafdeling van die kompetisie in 2009.[5] Repin het onder die voorste dirigente gespeel soos Simon Rattle, Waleri Gergijef en Mariss Jansons.
Repin was meermale 'n gas by musiekfeeste soos die BBC Proms, Tanglewood, Gstaad en Verbier.[6] In 2010 het hy die première van James MacMillan se Vioolconcerto saam met die Londen Simfonieorkes onder Gergijef gespeel. Die werk is aan Repin opgedra.[7]
Repin spesialiseer in Russiese en Franse musiek, veral die groot Russiese vioolconcertos, sowel as 20ste eeuse en kontemporêre musiek.
Sy verkose strykstokke word gemaak deur Nicolaus Kittel en Nicolas Maline.
Repin het in 2001 met Caroline Diemunsch getrou. Hul seun Leonardo is in 2006 gebore.[10]
Sy huidige vrou is [11] Svetlana Zakharova, die voormalige prima ballerina van die Bolsjoi-ballet.[12] Hulle het 'n dogter wat in Februarie 2011 gebore is.[13]
Vadim Repin (viool) en Nikolai Loeganski (klavier):
Vadim Repin (viool), Nikolai Loeganski (klavier), Mischa Maiski (tjello):
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.