Ulundi
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ulundi (wat beteken "die hoë plek") is die hoofstad van die Zululand-distriksmunisipaliteit en vorige hoofstad (saam met Pietermaritzburg) van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp het 'n bevolking van 19 840 in 2011 gehad.[1]
Ulundi | |
---|---|
Koördinate: 28°19′S 31°25′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Zululand |
Munisipaliteit | Ulundi |
Stigting | 1873 |
Oppervlak | |
• Totaal | 16,62 km2 (6,42 vk. myl) |
Hoogte | 540 m (1 770 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 19 840 |
• Digtheid | 1 194/km2 (3 090/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 0.3% |
• Swart mense | 98.9% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 93.4% |
• Engels | 2.6% |
• Ndebele | 1.1% |
• Ander | 2.9% |
Poskode (strate) | 3838 |
Skakelkode | 035 |
In 1873 het Cetshwayo koning van die Zoeloes geword. Hy het sy kraal op die vlakte, naby die plek waar sy pa Mpande se kraal was, gebou en dit oNdini genoem. Ulundi is ook die plek waar die Anglo-Zoeloe-oorlog in 'n besliste nederlaag vir die Zoeloes geëindig het.
In Februarie 1879 neem Eugène Bonaparte, die seun van keiser Napoléon III van Frankryk, deel aan 'n Engelse ekspedisie na Afrika. Dit sou sy aansien verhoog en hom help om later die Franse troon te kan bestyg. Op 'n verkenningstog word hy egter deur die Zoeloes in 'n hinderlaag gelei en deur 18 spiese te Ulundi gedood.
Die baie belangrike steenkoolspoorlyn na Richardsbaai loop deur Ulundi.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.