Die USS America (CV-66) was 'n vliegdekskip van die Amerikaanse Vloot. Dit was die derde en laaste skip van die drieledige Kitty Hawk-klas en was die eerste van die drie wat uit diens gestel is. Die skip het van 1965 tot 1996 gedien.
Vaartuig klas | Kitty Hawk-class aircraft carrier |
---|---|
Vernoem na | Verenigde State |
Geografiese ligging | 33°9′9″N 71°39′7″W |
Operateur | Amerikaanse Vloot |
Vervaardiger | Newport News Shipbuilding |
Ligging van vervaardiging | Newport News |
Openingsdatum | 1 Februarie 1964 |
Tuishawe | Naval Station Norfolk |
Vlagstaat | Verenigde State |
Roepsein | NUSA |
Teken nommer | CV-66 |
Geskiedenis
Die USS America was een van die vliegdekskepe wat oorspronklik in die kernaangedrewe Enterprise-klas gebou sou word. Die koste van die bou van sy vlagskip, die USS Enterprise, het egter hoog geloop, en die skip is saam met vyf ander gekanselleer. Die America is toe in die Kitty Hawk-klas bestel met konvensionele stoomturbines as aandrywing. Die kiel is in 1961 neergelê. Die skip is drie jaar later te water gelaat, en in 1965 in diens van die Amerikaanse Vloot gestel. Op 5 April dieselde jaar is die eerste vliegtuig vanaf die skip gelanseer.
Operasionele diens
Die USS America was betrokke in die volgende dekades by die Viëtnamoorlog, die konflik met Libië in 1986, die Eerste Golfoorlog en die oorlog in Bosnië en Herzegowina in die middel-1990s. Die America is in 1996 uit diens onttrek ná besnoeiings aan die einde van die Koue Oorlog. Op 14 Mei 2005 is dit doelbewus tydens aanvalsoefeninge gesink. Dit lê nou onder in die Atlantiese Oseaan, ongeveer 450 kilometer van die kus van Virginië.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.