Tünel
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.
Die Tünel (Afrikaans: Tonnel) is ’n kort ondergrondse treinspoor in Istanboel, Turkye. Dit het net twee stasies en verbind die distrikte Karaköy en Beyoğlu. Dis aan die noordelike kus van die Goue Horing geleë en loop sowat 573 meter ver opdraand van naby seevlak af.[1]
Dit is op 7 Januarie 1875 ingewy[1] en is die tweede oudste ondergrondse stedelike spoorlyn in die wêreld naas die Londense moltrein (1863).
’n Reis tussen die twee stasies neem sowat 1,5 minute teen sowat 25 km/h. Twee treine loop gelyktydig en ry in die middel by mekaar verby op ’n dubbele stuk spoor.