![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/80/Tyhumeriver_valley%252C_eastern_cape_-_rsa.jpg/640px-Tyhumeriver_valley%252C_eastern_cape_-_rsa.jpg&w=640&q=50)
Tyhumerivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tyhumerivier is 'n rivier in Amathole-distriksmunisipaliteit in die sentrale deel van die Oos-Kaap. Dit ontspring hoog in die Hogsbackberg, 'n deel van die Amatholeberge, en vloei deur die Tyhume-vallei noordoos van die dorp Alice. Ongeveer in die middel van die Tyhume-vallei, vloei dit by 32.913603°S 26.936846°O / -32.913603; 26.936846 in die Binfield Parkdam,[1] 'n belangrike opgaardam vir die landelike bevolking en sitrusboorde in die omgewing. Verder vloei die rivier rustig deur die buitewyke van Alice, omring deur die uitgestrekte perseel en landbouproefplaas van die Universiteit van Fort Hare.
Tyhumerivier | |
---|---|
Stroomgebied | Oos-Kaap Suid-Afrika |
Oorsprong | Amatholeberge by Hogsback |
Monding | Keiskammarivier |
Koördinate: 32.913603°S 26.936846°O / -32.913603; 26.936846 |
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/06/Hogsback_39_steps.jpg/640px-Hogsback_39_steps.jpg)
Dit voorsien ook Middeldrif van water met 'n kanaal, die hele gebied val in Raymond Mhlaba Plaaslike Munisipaliteit. Daarna kronkel die rivier suidooswaarts deur die eskarp en sluit aan by die Keiskammarivier op pad na sy Indiese Oseaan-monding by Hamburg, Oos-Kaap.