![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e7/View_of_KKH_from_hill.jpg/640px-View_of_KKH_from_hill.jpg&w=640&q=50)
Keiskammarivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Keiskammarivier is 'n rivier wat in die Oos-Kaap, Suid-Afrika vloei. Die rivier ontspring bokant Keiskammahoek in die Amatholeberge en mond uit in die Indiese Oseaan suid van Oos-Londen. Die lengte van die rivier is ongeveer 160 km.
Kitsfeite Keiskammarivier Keiskamma River, Koördinate: 33.279813°S 27.48642°O / ...
Keiskammarivier Keiskamma River | |
---|---|
Stroomgebied | Oos-Kaap |
Oorsprong | Amatholeberge |
Monding | Hamburg Indiese Oseaan |
Lengte | 160 km (99 myl) |
Oorsprong-hoogte | 1 500 m (4 921 voet) |
Monding-hoogte | 1 m |
Koördinate: 33.279813°S 27.48642°O / -33.279813; 27.48642 |
Sluit
Die naam beteken in Hottentots 'soet water'. In 1847 word die Keiskamma die oostelike grens van die Kaapkolonie. Die belangrikste sytakke is die Debe- en Tyhumeriviere, asook die Mnyamenirivier.